Mid­del­burg

Fo­re­ver Lo­skop­dam

WegSleep Hengelgids - - MPUMALANGA -

Bui­ten see­koeie, ka­meel­per­de, wit­re­nos­ters, lui­perds en nog om­trent 60 an­der wild­spe­sies het dié oord ook ho­pe vis­spe­sies.

Dis reg op die O­li­fants­ri­vier en die man­ne maak graag hier lyn nat, want in die diep­tes s­kuil karp, blink­vis, kat­vis en mod­der­vis, hoe­wel die swart­baars maar ef­fens aan die skug­ter kant is.

As die vis­se lui is, kan jy die bo­me rond­om die dam met ’n ver­ky­ker fyn­kam vir vo­ëls. Dié oord is be­doel vir ’n ge­sins­va­kan­sie of ’n kamp met jou vrien­de, en hier is baie te doen.

Hier is ’n ver­hit­te en koue swem­bad, mi­ni­gholf­baan, vlug­bal, ten­nis­ba­ne, ’n speel­park vir die kin­ders, tram­po­liens, pool- ta­fels, verf­bal, as­ook per­de­rit­te en wilds­rit­te op quad­fiet­se.

Die kamp­ter­rein lê teen ’n na­tuur­li­ke hel­ling, wat be­te­ken som­mi­ge staan­plek­ke is on­ge­lyk.

Jy moet ook kies tus­sen ’n mooi uit­sig en hoe na­by jy aan die naas­te a­blu­sie­blok wil uit­span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.