Sa­bie

Mer­ry Peb­bles

WegSleep Hengelgids - - MPUMALANGA -

Mer­ry Peb­bles is op Sa­bie, en die kamp­plek­ke strek al langs die Sa­bie­ri­vier af. Die kamp­plek laat ’n mens dink aan ’n klein ste­de­li­ke uit­brei­ding vir tent- en wa­be­wo­ners.

Die staan­plek­ke is lek­ker groot – ge­mid­deld 150 m² (so­wat 12 x 12 m).

Bo­been­hoog­te be­ton­wa­ter­py­pe staan reg­op in die grond ge­plant – el­ke staan­plek het een. Hul­le is drie­kwart ge­vul met sand, en nee, dis toe nie ’n vul­lis­drom nie, maar jou braai­plek. Ont­hou net om jou eie roos­ter saam te bring.

Iets wat ook glad nie sleg is nie, is die krag­punt­paal­tjies. Ont­hou jy nog die in­ryluid­spre­ker­tjies wat jy aan die kar se ruit ge­haak het? Dié krag­pun­te lyk die­self­de. Klein grys bok­sies staan net­jies ge­mon­teer op ’n paal­tjie, en die drie­punt­krags­ok is ag­ter die deur­tjie wat jy van on­der af op­lig.

Mer­ry Peb­bles is een van daar­die plek­ke waar jy maar al­les by die huis kan ver­geet, want hier is ’n win­kel­tjie waar jy ‘n he­le reeks al­le­daag­se din­ge kan koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.