U­ping­ton

Oran­je­rus-va­kan­sie­oord

WegSleep Hengelgids - - NOORD-KAAP -

Wan­neer jy die oord bin­ne­ry, vurk die pad voor jou. Die pad links neem jou na die staan­plek­ke langs die Oran­je­ri­vier op die ver­ste punt, weg van die hek. Dit is ’n lek­ker groot kamp met stil­te en pri­vaat­heid, maar ook die reg­te plek vir wa­ter­sport­lief­heb­bers en hen­ge­laars. Hier kamp jy on­der groot ou koel­te­bo­me op gras­groen staan­plek­ke, reg op die ri­vier­oe­wer. El­ke staan­plek het ’n ge­bou­de braai­plek óf ’n staan­braai­er. Die a­blu­sie­blok­ke is e­ni­ge tyd be­ter as dié van gas­te­hui­se of ho­tel­le, en al­bei blok­ke is ook in­ge­rig vir men­se in ’n rol­stoel.

Wan­neer jy vis praat, is mie­lies en deeg – wat ge­doop is in ’n vrug­te­geur­sel – die dood­steek van die karp in die Oran­je­ri­vier. Die ba­bers mik on­der meer vir vis­kop, en met mie­lie­pit­te en krie­ke kry jy geel­vis aan die hoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.