Kim­ber­ley

Ri­ver­si­de-bui­te­klu­ben-woon­wa­park

WegSleep Hengelgids - - NOORD-KAAP -

Die woon­wa­park se staan­plek­ke is slim uit­ge­lê op twee ter­ras­se reg langs die Rie­t­ri­vier: ’n la­er vlak op die oe­wer en ’n ho­ër een reg ag­ter die oe­wer­kam­peer­ders. Op jou staan­plek op die ho­ër vlak kyk jy nie in die ag­ter­kan­te van die woon­wa­ens en ten­te van die oe­wer­kam­peer­ders vas nie, maar bo-oor hul­le, reg op die ri­vier uit.

Vroeg­og­gend kan jy die een­de op die ri­vier dop­hou as­ook die hor­des swa­el­tjies wat on­der die brug deur­swiep en hul­le duik­ma­ne­wa­les uit­haal.

Ri­ver­si­de het van hoek tot kant ’n gras­groen, goed­ver­sorg­de gras­perk en baie koel­te­bo­me. Op ver­skeie plek- ke tus­sen die staan­plek­ke is kra­ne (die wa­ter is drink­baar). Die a­blu­sie­ge­rie­we is smaak­vol ge­te­ël en sil­wer­skoon, en op die ver­ste 55 m van die staan­plek­ke af. Net langs­aan is ’n op­was­ka­mer vir al die skot­tel­goed as­ook plek vir was­goed.

Wan­neer braai­tyd aan­breek, kan jy kies uit ver­skeie los­staan­de braai­ers.

Weg­sleep sê: By die Ri­ver­si­de­bui­te­klub-en-woon­wa­park is al ’n geel­vis van 9,5 kg uit­ge­trek, as­ook ’n karp kort dus­kant 15 kg. Vir bo­te is hier ’n lan­seer­plek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.