Ven­ters­dorp

A­mi­gos

WegSleep Hengelgids - - NOORD-KAAP -

Dié oord se staan­plek­ke is me­ren­deels teen­aan die Riet­spruit­dam uit­ge­lê. Soos jy in­ry, is die ge­wil­der staan­plek­ke voor jou en na regs in die A-kamp. Dié staan­plek­ke, teen­aan die wa­ter, is plat en het gras. Ag­ter hul­le is ’n ter­ras met staan­plek­ke, maar dan is jy nie teen­aan die wa­ter nie.

On­ge­veer 350 m links af teen die wa­ter, weg van die A-kamp af, neem ’n grond­paad­jie jou tot by die B-kamp se staan­plek­ke. Hier­die staan­plek­ke is in een lyn al langs die oe­wer af en jy het slegs bu­re langs jou – nie­mand kamp voor of ag­ter jou nie. Die staan­plek­ke is mooi plat met groen gras, maar hier is heel­wat min­der koel­te­bo­me as in die A-kamp.

Nog ’n ent­jie weg van die in­gangs­hek af is die C-kamp. Hier­die staan­plek­ke het nie krag, koel­te óf ’n bad­ka­mer nie.

By die an­der twee kam­pe is jou krag­punt (’n huis­sok) en kraan nooit ver­der as drie staan­plek­ke weg nie. Die mees­te staan­plek­ke in al drie kam­pe het ’n ge­an­ker­de staal­braai met ’n roos­ter.

Die A-kamp het twee a­blu­sie­blok­ke en die bad­ka­mer in die B-kamp is om­trent reg­oor die mid­del­ste staan­plek­ke met ’n par­kie langs­aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.