Broe­der­stroom

Bob­be­jaans­kloof

WegSleep Hengelgids - - NOORD-KAAP -

Nu­we oor­de is ’n skaars ge­sig, ver­al na­by die stad, maar Lou­i­se Ei­lers het ’n jaar of wat ge­le­de die kans aan­ge­gryp toe sy ’n draai kon maak by die ont­span­nings­ge­rie­we van die Kern­krag­kor­po­ra­sie (Ne­c­sa) se na­vor­sings­aan­leg by Pe­lin­da­ba, P­re­to­ria.

Die ge­rie­we was in on­bruik en Lou­i­se het ’n lang­ter­myn­oor­een­koms met die kern­krag­man­ne ge­sluit om die ge­rie­we tot ’n woon­wa­park te ont­wik­kel. Lou­i­se-hul­le het da­de­lik aan die werk ge­spring: die staan­plek­ke is uit­ge­merk en die bad­ka­mers ook op­ge­knap.

Die eer­ste na­week het vyf woon­wa­ens op­ge­daag, en die af­ge­lo­pe Paas­tyd was hul­le tjok­ken­blok. Van­dag is die Bob­be­jaans­kloof-woon­wa­park ’n be­hoor­li­ke oord ook met ’n koue- én warm­wa­ter­swem­bad. Die Kro­ko­dil­ri­vier loop reg teen die oord ver­by op pad na die Hart­bees­poort­dam, 8 km ver­der stroom­af.

As jy dus jou ri­vier­hen­gel­ver­nuf wil op­knap, kan jy die 200 m van die staan­plek­ke tot by die ri­vier stap en die stil­te (en vis) van die om­ge­wing ge­niet. Vol­gens Lou­i­se is die vol­gen­de stap om die eks­klu­sie­we staan­plek­ke teen­aan die ri­vier te bou, maar dit is nog net in die be­plan­ning­sta­di­um.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.