B­rits

Drie Ber­ge

WegSleep Hengelgids - - NOORD-KAAP -

Die Drie Ber­ge-woon­wa­park lê bui­te B­rits langs die Kro­ko­dil­ri­vier, skaars ’n uur se ry van P­re­to­ria en ’n uur en ’n half van Jo­han­nes­burg af. Dis bos­veld, maar soos die kamp­plek se naam sê, kamp jy ook tus­sen die ber­ge.

Van die 47 groot staan­plek­ke is 22 langs of na­by die ri­vier. Vir hen­ge­laars is kamp­plek nr. 8 tot 11 en 25-37 die bes­te. Jy het ’n krag­punt, boor­gat­wa­ter en ’n los­staan­de braai­er by jou staan­plek, en die mees­te staan­plek­ke het ’n koel­te­boom en gras.

Hier is twee a­blu­sie­blok­ke en pri­va­te ge­sins­bad­ka­mers.

On­ge­veer vyf mi­nu­te se stap van die kamp­plek af is ’n ont­span­nings­ge­deel­te met koel­te­bo­me, ’n stoep, tram­po­lien, ta­fel­ten­nis, sit­plek en braai­plek by ’n lek­ker groot swem­bad.

Hier is ’n speel­park en ten­nis­baan en jy kan jou swa­er uit­daag vir ’n pot­jie veer­pyl­tjies of pool – en as jou jig nie te veel pla nie, is daar selfs vlug­bal. En klein Jan kan sy skop­pe by ’n en­kel­rug­by­paal oe­fen.

By die kamp se kon­tant­win­kel­tjie kan jy hout, ys, koel­drank, room­ys en lek­ker­goed koop (rook­goed en drank moet jy op die dorp kry).

Die be­stuur sê jy kan hier ver­al karp en ba­ber vang. Drie Ber­ge se vis is lief vir soe­te­ri­ge en hel­der aas. As jy in die win­ter jou lyn hier kom nat­maak, werk ver­al knof­fel en an­der sterk geu­re baie goed.

Vol­gens die oord­be­stuur haak jy hier baie karp van so 4-5 kg of selfs gro­ter. Ie­mand het selfs al ’n ba­ber hier uit­ge­trek wat net so lank soos hy­self is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.