B­rits

Du­be

WegSleep Hengelgids - - NOORD-KAAP -

Du­be is ’n luuk­se va­kan­sie­plek in Noord­wes se eie stuk­kie Bos­veld, met 100 staan­plek­ke, warm en koue swem­bad­dens, ’n 6 km lan­ge stap­roe­te, ’n tram­po­lien en ’n dam waar jy karp, kur­pers en ba­bers kan uit­trek. (Ont­hou net: Jy moet die vis te­rug­gooi.)

Hier’s jy in die Bos­veld, en die bo­me groei nie baie hoog nie. Bring dus maar ’n sil­wer seil­tjie saam as jy in die so­mer hier kom kamp, an­ders gaan die son jou góéd gaar­maak.

In stil tye loop se­bras, ka­meel­per­de, blou­wil­de­bees­te en bil­tong­wild soos e­lan­de, koe­does en rooi­bok­ke tus­sen die staan­plek­ke rond. Daar is ook meer as 200 vo­ël­spe­sies op die plaas.

Hier is ’n berg­fiets­roe­te waar­op jy jou gô uit kan trap. Bring net jou eie fiets.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.