B­rits

Sil­wer Vis

WegSleep Hengelgids - - NOORD-KAAP -

Dié oord lê aan die bui­te­wy­ke van B­rits, teen­aan die Kro­ko­dil­ri­vier. Die Hart­bees­poort­dam is skaars 12 km stroom­op hier­van­daan. Soos jy die oord bin­ne­ry, vloei die ri­vier haaks met jou en die kamp­plek­ke be­gin by die hek, al op die oe­wer teen­aan die ri­vier – die oord front vir on­ge­veer 300 m aan die wa­ter. Die eer­ste staan­plek­ke is in en­kel­ge­lid met mooi gras en koel­te, en die laas­te staan­plek­ke stroom­af het ’n voor­ste ry teen­aan die wa­ter.

Ag­ter hul­le is die res van die staan­plek­ke. Die bo­me aan dié kant is toe­ge­groei; hier is dus koel­te. In die mid­del van die oord is een van die twee a­blu­sie­blok­ke (ook met ’n ge­sins­bad­ka­mer), en langs dit ’n speel­par­kie. Hier­naas is ’n swem­bad met langs­aan ’n kin­der­poel. Die an­der a­blu­sie­blok is by die hek.

Hier is waar­sku­wings­bor­de op­ge­rig vir kro­ko­dil­le, maar dis hoe­ge­naamd nie no­dig om op hol te raak nie: Hier is glo nog net een op­ge­merk, en dit was lank te­rug – ’n klein­tjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.