Oos-lon­den

A­reena-ri­vier­oord

WegSleep Hengelgids - - OOS-KAAP -

Die he­le kamp­ter­rein lê langs die K­we­le­ra­ri­vier en dit is nie vreemd dat ’n vol­struis ver­by stap nie. Hier is selfs ’n mak lang­nek: Ab­by, die ka­meel­perd. El­ke 15 m teen die oe­wer is daar ’n lan­dings­hoof en ’n paar vis­ly­ne wat in die son blink. Jy kan jou boot saam­bring en som­mer na­by jou staan­plek teen die oe­wer vas­meer. By die staan­plek­ke langs die wa­ter kan jy jou lyn som­mer so van on­der jou stoep­tent af sit en dop­hou.

Die mees­te van die staan­plek­ke het ’n ma­te van gras en koel­te, en om­trent die helf­te van die meer as 100 staan­plek­ke front op die oe­wer. Jy het jou eie krag­punt (ge­wo­ne huis­sok) en ’n braai­plek met sy eie roos­ter. Hier is ook twee was­se­rye waar­van die ma­sjie­ne elk met ruil­mun­te werk.

Wan­neer jy ’n paar wil­de die­re in die na­tuur wil sien, kan jy ‘n quad­fiets­toer in die wild­kamp be­spreek. ‘n Gids ry saam en dit kos van­af R150 p.p. vir 20 mi­nu­te.

As jy eer­der die see­wa­ters ver­kies, moet jy soon­toe ry – dis so­wat 5 mi­nu­te tot by G­len Ga­riff of G­len E­den.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.