Jef­freys­baai

Jef­freys­baai-woon­wa­park

WegSleep Hengelgids - - OOS-KAAP -

Dit is ’n groot kamp­ter­rein met 177 staan­plek­ke wat in twee ge­deel is. Die lin­ker­kant­se staan­plek­ke staan meest­al leeg in die stil sei­soen, en hier is meer on­kruid as by die an­der.

Die staan­plek­ke regs is op ’n groot gras­perk uit­ge­lê. Elk­een het ’n krag­punt en deel ’n vul­lis­drom, en die wa­ter­pun­te staan ver­spreid in die kamp­ter­rein. ’n Paad­jie ver­deel dié deel van die kamp­ter­rein in drie.

Die ag­ter­ste ry staan­plek­ke het nie ’n heup­hoog­te bak­steen­braai­plek­kie soos die twee rye voor dit nie, maar dit staan teen­aan ’n dig­te bos­ka­sie wat keer dat die suid­wes­te­wind in die win­ter­maan­de jou blaaie koud waai. Kamp eg­ter teen­aan die see so­dat jy in die og­gend jou oë kan uit­vee met die klank van bran­ders wat op die la­wa­rif ont­plof.

Die a­blu­sie­blok is on­ge­veer 200 m van die ver­ste staan­plek af. Dis skoon en een­vou­dig, maar kan doen met ’n vars la­gie verf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.