Port E­li­za­beth

Die Wil­lows

WegSleep Hengelgids - - OOS-KAAP -

Die Wil­lows is teen die see in Port E­li­za­beth, tus­sen die voor­ste­de So­mer­strand en S­choen­ma­kers­kop. Dit maak nie saak waar jy jou in dié groot oord be­vind nie, die see druis en die bran­ders klap heel­tyd in jou ore. Dit, en die ge­kwet­ter van vo­ëls, is die ag­ter­grond­mu­siek vir jou kamp­va­kan­sie. Sog­gens, so­dra jy jou woon­wa- of tent­deur oop­maak, voel jy die klam lug op jou wan­ge.

Die Wil­lows het twee kamp­ter­rei­ne: ’n pri­va­te een net regs van die in­gangs­hek, en ’n ge­wo­ne een aan die an­der kant van die kamp­ter­rein, in S­choen­ma­kers­kop se rig­ting.

Die pri­va­te staan­plek­ke is die bes­te vir men­se wat ’n bie­tjie af­son­de­ring soek. Jy is net 5 mi­nu­te se stap van die oord se ver­maak af, maar kamp tus­sen min an­der men­se. Die 12 staan­plek­ke is in twee rye uit­ge­lê, elk met ’n eie bad­ka­mer en kom­buis.

Die ge­wo­ne staan­plek­ke lê aan die on­der­punt van die oord, ver­by die kon­fe­ren­sie­sen­trum en ki­osk.

Dié plek­ke is ook baie ruim, met ge­noeg staan­plek vir ’n twee­wiel­woon­wa en bak­kie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.