Ven­ters­burg

Bun­du-oord

WegSleep Hengelgids - - VRYSTAAT -

Die Sand­ri­vier-kon­ven­sie om die des­tyd­se Trans­vaal se on­af­hank­lik­heid van B­rit­tan­je te waar­borg is in 1852 na­by Ven­ters­burg on­der­te­ken – waar die N1 van­dag oor die Sand­ri­vier loop. Ge­du­ren­de die Ang­loBoe­re­oor­log was hier ’n he­le paar ge­veg­te.

Dees­dae trek hon­der­de men­se in die win­ter in hul­le S­peedo’s en bi­ki­ni’s hier saam vir die jaar­lik­se ys­beer­swem by die Bun­du-va­kan­sie­oord.

Maar die oord is ook die af­saal­plek vir kam­peer­ders en hen­ge­laars.

Die vis­vang hang af van hoe sterk die ri­vier loop. Soms is dit vlak en gaan jy nie ’n byt kry nie. Wan­neer die wa­ter hoog is, kan jy gro­tes aan die hoek kry.

A­dé­le Ger­mis­huys, wat die oord saam met haar man, Ar­mand, be­stuur, sê hen­ge­laars haak karp van 4 kg of meer, maar ook ste­wi­ge ba­bers.

Jy kan 22 km ver­der ry tot by die Al­le­mans­kraal­dam. Hier staan jy kans om karp van 4-9 kg te vang.

In Bun­du kan jy jou wa op een van agt staan­plek­ke on­der koel­te­bo­me trek. Die staan­plek­ke is 6 x 6 m, op gras en met krag­pun­te.

Hier is ook ’n stuk of 20 tent­staan­plek­ke son­der krag. Daar is ver­skeie braai­plek­ke en jy kan vir ’n los­staan­de braai­er by jou staan­plek vra. Die a­par­te bad­ka­mers vir mans en vroue is on­ge­veer 50 m van die ver­ste staan­plek af.

A­dé­le sê jy kan jou ka­no saam­bring en som­mer ook jou ver­ky­ker vir die vo­ël­le­we – hier is vol­gens haar 80 vo­ël­spe­sies.

In die og­gen­de kan jy luis­ter na die ge­roep van ’n broei­paar vis­a­ren­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.