Pa­rys

Di­ma­la­chi­te

WegSleep Hengelgids - - VRYSTAAT -

Die 60 kam­peer­plek­ke lê in twee rye langs me­kaar op die oe­wer van die Vaal­ri­vier – 28 g­rens di­rek aan die oop wa­ter en 9 is na­by die wa­ter met rot­se. Stroom­af is min­der bo­me, maar ’n goeie mat gras on­der­langs, en stroom­op neem die koel­te toe en die gras word min­der.

Hier is twee a­blu­sie­blok­ke met op­was­ge­rie­we. Die een na­der aan die swem­bad is nuut oor­ge­doen. Die staan­plek­ke het elk ’n drie­punt­krag­prop. By dié teen die ri­vier is die braai­plek­ke ge­mes­sel­de vier­kan­ti­ge muur­tjies, elk met ’n braai­roos­ter. Die braai­plek­ke by die staan­plek­ke ag­ter die la­ning bo­me staan heup­hoog­te. Reg­oor die swem­bad is ’n speel­park vir kin­ders met ’n hout­klim­raam, gly­baan, swaaie en ’n pyp­klim­raam.

Die ki­osk het din­ge soos aas, koel­drank, room­ys, ys, hout en bier. As jy suk­kel met die vis­se, klop aan by Han­nes P­re­to­ri­us, die ei­e­naar – hy help graag met hen­gel­uit­stap­pies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.