Kop­pies

In­dun­du­ma-oord

WegSleep Hengelgids - - VRY­STAAT -

Hen­ge­laars en kom­pe­ti­sie­hen­ge­laars wat by die Kop­pies­dam in die Vry­staat gaan lyn nat­maak, kamp graag in die na­by­ge­leë In­dun­du­ma-oord. Par­ty van hul­le sê dit is ge­rief­li­ker hier as in die pro­vin­si­a­le na­tuur­re­ser­vaat reg langs die dam.

In­dun­du­ma is op ’n vee-en­saai­plaas skaars 800 m se ry van die dam se hek af. Hier is staan­plek­ke op gras vir 10 woon­wa­ens of ten­te en nog 3 slegs vir ten­te. Die kamp­plek is die jong­ste toe­voe­ging tot die oord en is twee jaar ge­le­de uit­ge­lê.

Hier is nie o­ral koel­te nie – die se­ring- en o­lien­hout­bo­me is nog klein – maar oor ’n paar jaar gaan hul­le lek­ker ska­du­wee gooi. Al In­dun­du­ma se staan­plek­ke het krag, en vir ’n vis of vlei­sie oor die ko­le het jy ’n los­staan­de braai­er.

As die kamp­plek nie heel­te­mal vol is nie, kry jy jou eie toe­sluit-stort­ka­mer, en selfs wan­neer E­s­kom sy ma­ne­wa­les uit­haal, stort jy in warm wa­ter, want saam met die e­lek­trie­se gei­sers is hier ook ’n don­kie.

En ná ’n dag langs die vis­wa­ters kan jy in een van die oord se 2 swem­bad­dens af­koel.

Die oordei­e­naar, Ida van Vuur­en, sê jy moe­nie net jou vis­stok­ke in­pak nie, maar ook jou ver­ky­ker ont­hou: Vol­gens haar is hier so­wat 350 soor­te vo­ëls en daar kui­er ge­reeld ui­le op In­dun­du­ma. Daar is ook steen­bok­kies op die plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.