Vil­joens­kroon

Wa­wiel­park

WegSleep Hengelgids - - VRYSTAAT -

Reg op die naat van die Noor­dVry­staat lê Wa­wiel­park soos ’n o­a­se in ’n woes­tyn van die om­ge­wing se kamp­plek­ke.

Die Wa­wiel­park-oord lê aan die Vry­staat­se kant van die Vaal­ri­vier en is soos die kraai vlieg om­trent half­pad tus­sen Vil­joens­kroon en S­til­fon­tein.

Die oord front vir net meer as 600 m aan die ri­vier, en die helf­te van hier­die stuk grond word op­ge­neem deur 16 ge­pla­vei­de staan­plek­ke. Die res van die staan­plek­ke is nie meer as 60 m van die wa­ter af nie.

Drie a­blu­sie­blok­ke is sta­p­af­stand vir al­le kam­peer­ders.

By Wa­wiel­park is daar ver­maak vir die he­le ge­sin. Ter­wyl ie­mand aan die hen­gel is, kan die res ’n draai maak by een van die ses swem­bad­dens.

Hier is on­der meer ’n ver­hit­te on­der­dak­swem­bad en ’n an­der een met gol­we. An­der af­lei­ding sluit in ’n wa­ter­wurm (R2 per keer), tram­po­liens en mi­ni­gholf (R10 p.p.). Jy en die kroos kan ook ’n twee­man­ka­no huur – jy be­taal R20 en mag dan vir ’n half­uur rond­dob­ber.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.