On­rus

On­rus-ka­ra­vaan­park

WegSleep Hengelgids - - WES-KAAP -

Die woon­wa­park lê en­ke­le me­ter van die see af en spog met ’n rots­strand. Die staan­plek­ke teen die see is meer be­skut as dié aan die pad se kant, maar die kamp­ter­rein het oor die al­ge­meen heel­wat koel­te en wind­be­sker­ming.

Teen bad­tyd gaan jy jou nie moeg loop nie. Hier is vier net­jie­se a­blu­sie­blok­ke wat deur die oord ver­sprei staan met ruim stor­te, hand­seep by die was­bak­ke en hand­dro­ërs.

’n Win­kel­tjie by die in­gang ver­koop ba­sie­se din­ge soos brood, melk en ’n strand­ra­ket of twee, maar as jy vir ’n maand kom kamp, sal jy deeg­lik moet pak of af en toe ’n draai maak by die Pick n Pay op Her­ma­nus. Speel vei­lig en ont­hou ook jou eie braai­er as jy een aand jou vangs op die ko­le wil gooi. Die staan­plek­ke by On­rus het nie per­ma­nen­te vuur­maak­plek­ke nie, hoe­wel hier ’n paar los­staan­des is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.