’N GE­­WIG­­TIGE SAAK

WegSleep Kampgids - - DIE PAPIERWERK -

Vei­lig­heids­hal­we moet jy en­ke­le be­grip­pe en kon­sep­te on­der die knie kry.

Tar­ra.

Dit is die mas­sa van ’n leë voer­­­tuig (die ge­wig waar­op die li­sen­sie­geld be­re­ken word).

BVM.

Die bru­to voer­tuig­mas­sa (in En­gels GVM) is die mak­si­mum wat die voer­tuig – sy vrag, brand­stof, pas­sa­siers en e­nig­iets an­­ders in­ge­sluit – mag weeg. Jou wa se BVM is ge­woon­lik op ’n plaat­jie op die dis­sel­boom ge­druk.

BKM.

Die bru­to kom­bi­na­sie­mas­sa (in En­gels GCM) is die som van die ge­wig van die voer­tuig en dít wat hy sleep – die wet­ti­ge kom­bi­na­sie­mas­sa, dus.

Voer­tuig- en woon­wa­mas­sa.

Vol­gens wet mag jou sleep­wa of woon­wa se BVM nie die tar­ra van jou sleep­voer­tuig oor­skry nie. Ken­ners be­veel ’n ver­skil van min­stens 20% aan.

As­mas­sa-las­grens.

Op die­self­de plaat­jie waar jy die sleep­voer­tuig se tar­ra en BVM kry, sal jy ook “BA-voor” en “BA­-ag­ter” (in En­gels GA) sien. Dit dui op die bru­to as­mas­sa-las van die voor- en ag­ter­as. Ver­sprei die vrag só dat die as­se nie oor­laai word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.