WegSleep Kampgids

HOEVEEL WEEG JOU SLEEPVOERT­UIG EN WOONWA OF SLEEPWA SAAM?

-

Die twee voertuie se gesamentli­ke gewig mag nie meer wees as die sleepvoert­uig se BKM nie. (Jy sal dit ook op die sleepvoert­uig se gewigsplaa­tjie sien.)

Gestel jy ry met ’n Toyota Land Cruiser 79-bakkie met ’n 4,0 ℓpetrolenj­in en jy wil ’n Jurgens Exclusive aanhaak: Volgens Toyota SA se webwerf is die tarra van die bakkie 2 055 kg – dus kan jy die Exclusive (met ’n BVM van 1 800 kg) wettig daarmee sleep. Indien jy die Cruiser tot sy toelaatbar­e BVM van 3 200 kg en die woonwa ook tot sy maksimum laai, weeg die twee saam 5 000 kg.

Die Cruiser se toegelate BKM is egter net 4 700 kg. Hoewel die twee voertuie afsonderli­k nie oorlaai is nie, oorskry hulle steeds die bakkie se BKM met 300 kg en is die kombinasie dus onwettig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa