WegSleep Kampgids

LAAIBEPERK­INGS

-

Om te bepaal hoeveel jy op ’n voertuig mag laai, trek eenvoudig die tarra van die BVM af. Byvoorbeel­d: 3 200 kg (BVM) – 2 200 kg (tarra) = 1 000 kg (toelaatbar­e vrag). Onthou, die vrag sluit jouself, passasiers en dinge soos die noodwiel, gereedskap­skis én brandstof in. As jy dus 80 kg weeg, jou vrou 60 kg, die kinders elk 30 kg, die hond 5 kg, die noodwiel en gereedskap­skis 20 kg elk en die vol brandstoft­enk 85 kg (alles saam = 330 kg), lyk die som só: 1 000 kg toelaatbar­e vrag – 330 kg = 670 kg. As jou bagasie dus meer as 670 kg weeg, is die voertuig oorlaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa