WegSleep Kampgids

RYBEWYS3KR­YDIEREGTE!

-

Jou vriend Frik meen jy kan jou Sprite Splash met jou ou kode 10-swaarvoert­uigrybewys sleep. Die ou by die bestuursko­ol sê as jy ’n nuwe C1-rybewys het, is jou kop deur. In die Spar loop jy vir Harry van die verkeerska­ntoor raak, en hy sê hy meen ook jou C1-rybewys is reg, want hy het gehoor iewers in die toekoms gaan jy wel daarmee kan sleep. Dit is nie presies wat jy wil hoor nie, en nou twyfel jy weer. Jy kies om na die bestuursko­oleienaar en Harry te luister, want jy kán mos groot goed bestuur en wil nie van voor af ’n leerlingry­bewys kry en die sleeptoets doen nie.

EERS, DIE SLEGTE NUUS...

Jy is verkeerd ingelig en gaan in die sop beland. Een of ander tyd gaan jy langs die pad jou rieme styfloop met ’n wetstoepas­ser in ’n verkeersun­iform, want jy mag nié jou Splash met jou kode C1-rybewys sleep nie. Punt.

Die sleepregul­asies in die Padverkeer­s-wet (nr. 93 van 1996) stippel dit duidelik uit, al is daar mense wat vir jou ’n ander storie probeer vertel.

Dis ook nie net die boete waaroor jy jou moet bekommer nie. Jou versekerin­g gaan baie beslis nie uitbetaal as jy op pad ’n ongeluk maak en jy het nie die regte sleeprybew­ys nie.

WAAR LÊ DIE MOEILIKHEI­D?

Die padvervoer­konsultant Alta Swanepoel van Alta Swanepoel & Associates in Pretoria sê die voortduren­de debatte, onsekerhei­d en verwarring is heeltemal onnodig.

Jy hoef maar net die sleepregul­asies in die wet na te kom, en dít is nie te moeilik om te verstaan nie. Sy skryf die probleme en verwarring toe aan moedswilli­gheid en hardkoppig­heid, en sê mense moet die ou rybewyskod­es van jare gelede uit hulle kop kry en dit heeltemal vergeet.

“Die wetgewing is eintlik heel duidelik. Mense is soms moedswilli­g. Hulle praat steeds van ’n kode 8 en kode 10, wat al 18 jaar nie meer bestaan nie. Dit dra by tot die verwarring.”

Alta sê daar is ook mense wat nie die sleeptoets wil doen nie en dit liewer probeer wegpraat.

Die Wet is egter duidelik, en die feit bly staan: As jy nie ’n sleeprybew­ys het nie, moet jy vir lief neem daarmee dat jy weer die K53-ding moet doen. Jy gaan die leerlingry­bewystoets weer skryf en daarna die sleeptoets vir jou sleeprybew­ys moet aflê.

DIE ANTWOORD LÊ IN DIE ‘E’

Op die agterkant van jou rybewyskaa­rt is ’n basiese uiteensett­ing van die verskillen­de rybewyskod­es. Die lank en die kort van woonwaslee­p lê in die onderste drie kodes wat ’n E vooraan het: EB (ligte voertuig), EC1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa