VOOR JY VERGEE6 T

WegSleep Kampgids - - DIE PAPIERWERK -

Die voor­uit­sig van ’n va­kan­sie maak jou soms só haas­tig om in die pad te val dat ’n paar nood­saak­li­ke re­ë­lings ag­ter­weë bly. Dié ly­sie be­hoort jou met ’n ge­rus­te hart te laat uit­span.

BE­GIN VROEG­TY­DIG

Aan ’n paar din­ge moet jy liefs voor die tyd aan­dag skenk. As daar amp­te­li­ke do­ku­men­ta­sie ont­breek of ’n vreem­de mo­tor­on­der­deel moet uit ’n an­der dorp be­stel word, gaan jy dit nie som­mer tjoef-tjaf in jou e­tens­uur af­han­del nie.

Kry die pa­pier­werk in or­de

Maak se­ker jou ver­se­ke­ring en me­die­se dek­king is in or­de. ’n Mens wil nie langs die pad staan met ’n wrak en ’n ge­breek­te arm en dan nog boon­op oor die te­le­foon met ’n o­pe­ra­teur ba­klei nie.

Voer die spaar­vark vet

Maak se­ker daar is ge­noeg geld in jou bank­re­ke­ning so­dat de­biet­or­ders kan deur­gaan en jou krag en wa­ter nie af­ge­sny word ter­wyl jy weg is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.