WegSleep Kampgids

7 ANDERKANT DIE DRAAD

-

As jy oor die grens gaan reis, maak betyds seker jy het die regte dokumente by jou. Dit sal sake vergamakli­k as jy met moeilike buitelands­e beamptes te doen kry. (En as ons van papiere praat, bedoel ons nie ’n pak R100-note nie. – Red.)

Druk jou stempel af.

Jy het nie ’n visum nodig vir enige van Suid-Afrika se buurlande nie, maar jou paspoort moet nog vir ses maande ná jou terugkeer geldig wees. Maak maar seker oor visumverei­stes as jy verder noord ry.

Liksens?

Jou Suid-Afrikaanse rybewys is geldig in alle SAOG-lande .

En waar’s die papiere?

Jy moet te alle tye jou kar en woonwa se registrasi­edokumente by jou hê. As jy nog afbetaal aan die voertuig of wa, moet die bank ’n toestemmin­gsbrief gee met ’n afskrif van die registrasi­epapiere.

Ek belowe dis myne!

As ’n befoeterde beampte jou in die vreemde land voorkeer, sal dit help as jy ’n klaringser­tifikaat het wat bewys jou voertuig is wettig en nie gesteel nie. Kry dié vorm voor jou vertrek by jou naaste toetssentr­um se polisievoe­rtuigident­ifikasie-afdeling. Dis gratis.

Is jy verseker?

Jou kar en woonwa se versekeraa­r moet ook ’n toestemmin­gsbrief gee.

Bel die dokter.

Oorweeg mediese dekking vir ’n oorgrensva­kansie.

Sy naam is Kom Terug!

Kry ’n tydelike uitvoerper­mit (die DA 331-vorm) aan die SuidAfrika­anse kant van die grens waarop jy goedere lys wat jy terugbring – dinge soos kameras, verkykers en skootreken­aars.

Vir die onverwagse ongelukkie.

As jy Mosambiek toe gaan, kan jy voor jy vertrek, derdeparty­versekerin­g vir jou voertuig en sleepwa by Outdoor Warehouse kry.

Dit kos R220 vir die sleepvoert­uig, en R110 vir ’n woonwa, gewone sleepwa of boswa.

G’n omkopery, asseblief.

’n Mens hoor so dikwels van mense wat afgetrek word en dan die verkeersbe­ampte ’n pakkie note in die hand stop. Moenie jou hieraan skuldig maak nie – wees vriendelik en dring daarop aan om na die naaste polisiesta­sie te gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa