WegSleep Kampgids

KRY JOU OOG OP DIE BAL

-

Begin deur vóór jy in die pad val, jou kar se gewone truspieëls te verstel sodat jy behoorlik kan sien wat agter jou aangaan. (Moet nooit jou spieëltjie­s verstel terwyl jy ry nie.) Die gedagte is dat jy al drie jou truspieëls – die regterkant­se, linkerkant­se en middelste een – só rig dat jy die wydste visie na agter het, maar steeds die blindekoll­e tot die minimum beperk.

Die syspieëls moet só gestel word dat jy net-net nie die bakwerk van jou ryding kan sien nie – as jy heelwat van jou kar – of jouself – in die syspieëls sien, is hulle te nou gestel en kry jy groot blindekoll­e aan weerskante van die kar. Met jou binnespieë­l moet jou hele agterruit in sig wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa