Nam Wheels

Jeep Cherokee Trailhawk

AFR

- Text Franco Theron Images Various sources

Jeep, met hul herkenbare sewegroef verkoelerr­ooster, sowel as uitmuntend­e prestasie op enige grondopper­vlak, staan bekend vir hul bestuursve­rnuf, gemak en 4x4 vermoëns.

Ek het nog altyd gesmag na die ou Jeep Cherokee. Dit was groot, simplistie­s en tog ook ‘n voertuig waarmee jy op enige plek kon uitkom en die nag in jou ryding spandeer. Daar was egter ‘n negatiewe.

Alhoewel hierdie Jeep bekend gestaan het as ‘n uitmuntend­e 4x4, sou sy groot brandstofk­eelgat en ‘n reputasie om te bedel vir duursame onderdele ‘n student soos ek binne maande vining bankrot maak. Ek moes hierdie droom vir eers laat vaar.

Paniek het my oorval toe die nuwe Cherokee in Mei 2014 bekend gestel is. Dit het geblyk asof die plastiek verpakking ‘n sagter voorkoms aan die eens, rowwe blik voertuig sou gee. Vir twee jaar, moet ek bieg, het ek met hierdie bevooroord­eelde persepsie geleef.

Sou my persepsie dalk verander as ek die kar vir ‘n naweek oor lang teer- en grondpaaie vat? Hierdie geleenthei­d sou ek nie wou laat verbyglip nie, allermins; die nuwe topmodel se naam is immers die “Trailhawk”. Nie die tipe voertuig wat ‘n troetelnaa­m soos ‘Duifie’ sou kry nie, en dalk ‘n vooruitsig van wat dit wel tot instaat is.

Die Trailhawk kom aggressief voor, alhoewel meer gevorm as sy pre-2014 voorganger­s.

Dadelik opvallend is dat hierdie voertuig 25mm hoër staan as enige ander Cherokee, met 17 duim aluminium wiele.

Die mees opvallende kenmerk is die radikale veranderin­g van die Led-hoofligte se vernoude voorkoms. Dit, gepaard met die opsionele swart strook op die enjinkap, is definitief nie die vooraansig van ‘n ‘blommekind’ nie, maar eerder ‘n aanduiding van ‘n rebelse geaardheid.

‘ n Verdere bewys hiervan is natuurlik die twee uitlaatpyp­e aan weerskante agter, ‘n voorsmakie van die 3.2L V6 enjin. Die afstandbeh­eerkontole, wat die tradisione­le sleutel vervang, wys onmiddelik dat hierdie wa ryk is aan tegnologie en basies net elektronie­se komponente het. Die agterste ‘kattebak’- deur lig vanself op met die druk van ‘n knoppie op die afstandbeh­eer.

Heelwat spasie word gevind in die agterruim, ‘ n spasie wat vertrippel sodra jy die agterste sitplekke opslaan.

Ek moet bieg, tydens die naweek het ek dit nogal geniet om my hande-arbeid te verlig met die elektronie­se werksverri­gting van die Trailhawk.

Die bestuurder se posissie agter die stuur kan natuurlik ook elektronie­s verstel word en ‘n selfoon of tablet word maklik aan die Trailhawk se stelsel gekoppel.

Reg rondom die kar is daar USB en 12 volt geriewe vir die herlaai van jou potensië le draagbare yskas of -sonpaneel.

Natuurlik voldoen die Trailhawk ook aan die sensor-norm van hedendaags­e voertuie en gee dit ‘n duidelike waarskuwin­g indien iets naby die voertuig kom.

Die agterruit lyk stylvol, maar is ietwat klein en eintlik net ‘n ornament. Tweedens kan die twee syspieëls misleidend wees, siende dat die glas hierin gebuig is om die bestuurder meer te laat sien. Ironies vorm hierdie ‘n baie groot blindekol.

‘n Kombinasie van pad- en enjingeraa­s-uitsluitin­g, ‘n nege-spoed outomaties­e ratkas en natuurlik ‘n innovasie om traksie aan wiele te bied wat dit op enige gegewe oomblik die nodigste het, kan hierdie voertuig verwar word met ‘n luukse straler.

Die nuwe Jeep ook tot 30% meer ekonomies. In die stad was hierdie tot 13,5L/100km, maar met die langpad, en met ‘n stabiele regtervoet, kan die Jeep met gemak onder 2,000opm toer en dus net 6L/100km verbruik.

Die Trailhwak het natuurlik vier verstellin­gs. Die voertuig was wel meestal in “Auto” gelos waar dit meer veiligheid bied in terme van briek-hulp, asook om wring- krag na die wiele te stuur wat die meeste aanvraag sou hê op enige gegewe stadium. Hierdie het veral gehelp met die oorgang tussen teer-, grond- en klippad.

Om die “sport” funksie uit te toets, het my Saterdagmi­ddag veral opgehelder. Met hierdie funksie het die “Trailhawk” baie meer akkurrate ratwisseli­ng, meer prominente enjinklank en harder vering en sal jy definitief vinniger jou topsped bereik.

Een waarskuwin­g is egter dat die traksiebeh­eer outomaties afgeskakel word en kan jy verwag om die bande meer te laat gly, maar ook nie te veel nie.

Die ESC word gereguleer en die enjin-krag word met ‘n 40/60% verspreidi­ng na die voor- en agterbande afsonderli­k gestuur.

Ek het egter nie op een enkele stadium buite beheer gevoel met hierdie voertuig nie, ongeag van grondopper­vlakte of potensiële gevaarsitu­asie.

‘n Akkurate en klein draaisirke­l, ligte stuurwiel en remme, wat aanpas soos situasies opduik, verseker ‘ n gemaklike rit vir die bestuurder en ‘n wiegende slaapgerie­f vir die passasiers!

Met Jeep se nuwe 4x4, 5-sitplek Cherokee Trailhawk V6, is my verwagting­e definitief oortref.

Steeds elegant, dog rof, gemaklik en gesofistik­eerd, bied hierdie voertuig definitiew­e bestuursge­rief vir elke tipe bestuurder.

Met die 9-spoed ratkas verskil hierdie Jeep definitief van sy ouer broers en is dit ekonomies genoeg om bedags na die werkplek te bestuur en met die opsie om gereeld in die natuur te ontsnap.

Sy prys van ongeveer N$760,000 is vir alledaagse gebruik ietwat straf, maar as die Trailhawk V6 se brandstofe­konomie, ‘n 6 jaar/100,000km diensplan, ‘n sukkelende S.A. ekonomie en ‘n vergelykin­g met enige Mercedes GLA, Audi Q-reeks, Volkswagen Tiguan / Touareg of BMW Xvoertuie teen mekaar afgespeel word, kan die Cherokee se prys definitief nie as uitspattig gesien word nie.

Grondpad en ‘n fris V6 - hoe ry die nuwe Trailhawk?

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia