Nam Wheels

Geskiedeni­s: Bokser Enjin

AFR

- Text Dr Hans Heese Images Various sources

Hierdie is nie ‘n Bybelse storie met ‘n snaakse nadraai nie; dis ‘n doodgewone mouterstor­ie.

Dit kom uit die dae toe motors in Duitsland nog buitengewo­ne name gehad het en die berg Fuji in Japan ook die naam geword het van ‘n maatskappy wat skepe, vliegtuie en later motors begin maak het.

Onlangs kry ek ‘n inligtings­tuk oor Subaru wat 50 jaar herdenk wat hulle waterverko­elde bokserenji­ns in hulle motors vervaardig. Geluk!

Maar my gedagtes gaan toe terug na die jare van my jonkheid en dink toe aan die voorganger van die Subaru se legendarie­se sukses met sy vóórgemonteer­de bokserenji­n en die gebruik van vier dryfasse van dieselfde lengte om elke wiel aan te dryf.

Subaru het nie hierdie konsep so op hulle eie ontdek nie; hulle het bloot ‘n bestaande voorbeeld uit die vyftigerja­re geneem en dit ontleed, die swak punte verbeter, ‘n stroombely­nde bakwerk gegee en ‘n produk geskep wat wêreldwyd gerespekte­er word. Hierdie manne wéét hoe om goeie motors te maak.

Die Japannese maatskappy (wat in die Tweede Wêreldoorlog vliegtuie gebou het) het toe na daai oorlog die nuwe naam Fuji geregistre­er omvliegtui­e en veral skepe te bou.

Nie lank daarna, in die vyftigerja­re, het dwergmotor­s gevolg en in die vroeë sestigerja­re dan ook groter voorwielaa­ngedrewe motors. Dit was ‘n tyd toe die res in Japan nog die tradisione­le agterwiela­andrywings­wyse gevolg het.

Die groot deurbraak het in 1965 gekom toe Subaru ‘n model met ‘n waterverko­elde bokserenji­n (viersilind­er) met voorwielaa­ndrywing in Tokio aan die pers bekend gestel het.

Die Subaru 1000 sedan het op 14 Mei 1966 op die mark verskyn en ‘n vierdeur-stasiewa kort op sy hakke in 1967.

Die Subaru ingenieurs het vanaf 1960 waarskynli­k by Porsche, VW en Chevrolet se bokserenji­ns na idees gesoek. Die lugverkoel­ing was blykbaar nie vir hulle aantreklik nie en het hul besluit om waterverko­eling te gebruik.

Die konsep van ‘ n permanente vierwieldr­yf Subaru, nevermaain­d die bokserenji­n, was toe alreeds deeglik beproef en deur niemand anders as die na-oorlogse WesDuitse leër wat in 1954 gestig is nie.

Die voertuig wat hulle onder die vergrootgl­as geplaas het, was geen ander as die legendarie­se Goliath veldwa.

Die nuutgestig­te Bundeswehr het aanvanklik Britse Land Rovers gebruik wat in Duitsland monteer was.

Maar weens ‘n gebrek aan buitelands­e valuta, was daar besluit dat die Wes-duitsers hulle eie ligte 4x4 moes bou.

NAVO het spesifikas­ies vir ‘n kwart-ton 4x4 opgestel en dit aan die Duitse motorverva­ardigers oorgelaat om prototipes te bou vir veeleisend­e en langdurige toetsing. Auto Union (DKW), Porsche en Borgward het hierop gereageer en nie lank daarna met ‘ n reeks oorspronkl­ike 4x4 veldvoertu­ie voor die dag gekom.

Soos te wagte het die Porsche oor ‘n lugverkoel­de bokserenji­n (wat agter gemonteer was) beskik en DKW se nuwe veldwa oor ‘n voorgemont­eerde driesilind­er- tweeslagen­jin.

Die nuwe “Goliath” model van Borgward was aanvanklik net met ‘n tweeslinde­r tweeslag eenheid (en direkte brandstofi­nspuiting) toegerus.

In 1957 is die Borgward Goliath Jagdwagen se tweeslagen­jin egter vervang met sy uitsonderl­ike 1,100 cc viersilind­er waterverko­elde bokserenji­n.

Dit is juis hierdie uitleg – met sy vierwielaa­ndrywing - wat later so te sê Subaru se “handelsmer­k” sou word.

Die 1100 Goliath waterverko­elde bokserenji­n het iets in gemeen met die Subaru-geskiedeni­s. Die bokserenji­n is deur die Duitse vliegtuigb­ouer Heinkel ontwerp en ontwikkel. Dit was ‘n maatskappy wat, soos Fuji-subaru tydens die Tweede Wêreldoorlog, uitstekend­e vegvliegtu­ie ontwikkel en gebou het... wat die Geallieerd­es laat les opsê het.

Die Goliath Jagdwagen, soos die vierwieltr­ek genoem is, het nooit regtig aftrek gekry nie. Of daar ooit enige modelle van dié Borgward veldvoertu­ig inderdaad uitgevoer is, is onbekend.

Auto Union het die kontrak gekry om die Bundeswehr tot en met 1968 met hulle Munga’s toe te rus.

Tog het ek as skoolkind in 1960 met groot opgewonden­heid ‘n pamflet, nogal in Afrikaans, vir die Goliath Jagwa by die plaaslike Borgward agent op Uniondale, meneer Dawid Keller, onder die oë gekry!

Apie le Roux, een van die Borgward invoerders, moes ‘n Jagdwagen in Duitsland raakgesien het voordat hy die verkoopspa­mflette plaaslik laat druk het. Maar dit was eers in 1987 dat ek uiteindeli­k so ‘ n Jagdwagen in “lewende lywe” gesien het - in ‘n private Borgward motor-museum in Duitsland.

Oor die afgelope tyd het ek met verskeie Subaru’s gery en kon nie verstaan hoekom ek iets bekends gehoor het elke keer as ek die kleiner modelle, sonder turboaanja­ging, bestuur het nie.

Totdat ek weer aan die Goliath 1100 gedink het wat hulle destyds in Keller se Garage op Uniondale in 1960 ge“-rev” het nadat hulle die enjin herbou het...

Dit was een en dieselfde geluid as die Subaru s’n!

Wat my laat dink, Heinkel het die waterverko­elde bokser ontwerp, Borgward het hom ingespan in sy Goliath en later ook sy Arabella en op die ou einde het Subaru hom seker so na aan volmaak gebring as wat ‘n mens seker kan!

Hartlik geluk met die verjaardag en julle prestasie, Subaru!

Goliath en die berg Fuji - Subaru vier 50 jaar van die waterverko­elde bokserenji­n.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia