Nam Wheels

Se nuwe Fortuner lyk goed - maar hoe ry en voel hy?

-

Sedert Toyota se Fortuner model in 2005 bekend gestel is, het hierdie voertuig as die mees suksesvoll­e 4x4 familievoe­rtuig bekend gestaan.

Ontwerp om ‘n tussengang­er van die destydse Condor en die Prado modelle te wees, het hierdie voertuig ‘ n relatief goedkoper opsie aan die koper gebied. Dit sou ook op die Hilux DNA ontwerp word en uiteraard ook dieselfde karak-tereienska­ppe bevat.

Gedurende 2009, 2011 en 2013 het die Fortuner etlike “botox” sessies ondergaan, gebaseer op die Hilux. Die enigste veranderin­ge was die 2.5 dieselenji­n in 2011 en klein binneruimv­erandering­e gedurende 2013.

Die prys in hierdie tydperk het egter relatief laag gebly; ‘n groot bydraende faktor tot die model se sukses.

Die 2015/16 model bring iets anders na die Fortuner reeks; veel meer as ‘n vinnige “botox” sessie. In plaas daarvan om ‘n allerdaags­e kar te wees wat jy deur die modder kan sleep op ‘n Saterdag, het hierdie model ‘n meer eksklusiew­e kant.

Dit het dieselfde karakter van die vorige Prado model. Die belangriks­te vraag natuurlik was om uit te vind of hierdie opgraderin­gs die Fortuner ongeriefli­k naby aan die Prado se prysklas bring?

Of is die veranderin­ge te veel en neem hulle sy karakter weg?

Eerstens kan ons sê dat hierdie model nie meer so streng die Hilux basis volg nie.

Dit volg eerder die voorkoms van die nuwe Corolla, met dun Led-hoofligte sowel as haakvormig­e ‘daglig-ryligte’.

Alhoewel dit dieselfde onderstel, ratkas en enjinreeks (2,7 en 4,0 petrol sowel as 2,4, 2,8 en 3.0 diesel) met die huidige Hilux deel, is hierdie voertuig totaal anders as die hardgeveer­de bakkies, waarvan een verskil natuurlik die binneruim is. In die binneruim het Toyota ‘n baie eksklusiew­e baadjie aangetrek.

Houtafwerk­ing aan die stuurwiel en langs die rathefboom; leerbeklee­dsel langs die LCD skerm, en die armstutte; volle beheer vanaf die stuurwiel, sowel as ‘n hoë LCD skerm, gee die bestuurder die gemak om luuks te sit met hul oë meestal op die pad gefokus.

Daar is ruimte vir 7 mense - met die opsie om ‘n derde ry sitplekke in die agterkant te laat platvou.

Passasiers in die tweede ry het ook aparte beheer oor die lugversorg­ing en met enige rit sal jy gemaklik aan die slaap kan raak.

Die voertuig se reusagtige voor- koms l een hom t ot blindekoll­e, maar nie soveel soos baie ander voertuie in dieselfde klas nie.

‘ n Gerieflike insetsel is die kamera wat outomaties aktiveer sodra jy die voertuig in trurat plaas.

Ek het ‘n 2.8 6-spoed handratmod­el bestuur: met 132kw @ 3400opm en 420Nm @ 1400 - 2,600opm. Oor padlawaai en enjin geraas is daar nie iets te sê nie, omdat daar niks is nie.

Die enigste tye wanneer jy herinner word aan die enjin, is wanneer jy in eerste rat ry of mens die regterpeda­al bietjie horisontaa­l verstel; en bo 3,000 opm gaan.

Dit sal net die sagte dreun van die diesel-motor wees en sal jy saggies met jou passasiers fluisterta­al kan praat.

Sit hom in 6de rat en jy sal elke tien minute j ouself moet herinner dat jy teen 120km/h en 1,900 opm op ‘n snelweg bestuur. Weens die rustige natuur en vermoëns van hierdie kleiner enjin, het die ritrekenaa­r ‘n algehele brandstof verbruik van 9,3L/100km aangetoon, selfs toe ons meestal in die dorp rondgery het.

Die derde ry sitplekke is as ‘n negatiewe punt ervaar. Teensy jou 6de en 7de passasier die lengte van Tyrion Lannaster (vir al die Game of Thrones aanhangers) is, sal ek dit nie aanbeveel om enigiemand agter te plaas nie.

Die tekort aan beenspasie asook kopspasie sal enige 14+ jarige, kritieke skoliose gee.

Dus sou ek die agterste ry verwyder en die spasie benut om ‘n volgroeide kersboom te vervoer.

‘n Tweede, ietwat irrelevant­e negatiewe punt is die gladde houtafwerk­ing aan die stuurwiel.

Dit bied ‘n kunstige indruk en kan ‘n probleem raak as jou hande enigsins nat is.

Die nuwe Fortuner het my aan ‘n onlangse toer deur Namibië in ‘n 2014 Prado herinner.

Dit voel groot, veilig en stabiel op enige oppervlak en sal die bestuurder, sowel as die passasiers, te alle tye veilig laat voel.

Teen N$599,700 is hierdie 2.8 GD-6 4x4 handrat model wel duurder as sy voorganger­s, maar steeds die helfte van ‘n splinternu­we Land Cruiser Prado.

Hierdie was nog altyd die geval die afgelope 11 jaar, maar met só ‘n veranderin­g in ontwerp, sal jy meer kry as waarvoor jy betaal.

Finale indruk: Die nuwe, 2016 Fortuner bied voorwaar die eksklusiwi­teit van die Prado, ‘ n groot stap weg van die kritiek wat op die vorige modelle gelewer is.

Vehicle Name Max. L

Audi A7 535 Bmw3-series GT 520 Mercedes-benz SL (roof up) 504 Toyota Prius 502 Volkswagen Golf SV 500 Audi A5 Sportback 480 Honda Civic Hatchback 477 Audi A5 / S5 / RS5 455 M-benz E-class Coupe 450 Kia Cerato Koup 433 Porsche Cayman (2 boots) 425 Peugeot 308 420 Chevrolet Cruze Hatchback 413 Jaguar F-type (no p/tray) 407 M-benz C-class Coupe 400 M-benz S-class Coupe 400

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia