Nam Wheels

Se H-1 bussie bied nou selfs nog meer as die vorige modelle!

-

Hyundai se bemarkings­pan in Suid-afrika het, sedert die bekendstel­ling van sy petrolen turbo-diesel formaat H1reeks in 2009, uitstekend daarin geslaag om hierdie gewilde negesitple­kbussie ‘n markleier hier te lande te maak.

Dit was veral die bloeiende toeristema­rk wat ‘n groot afsetgebie­d geskep het maar wat die laaste jaar noustrop getrek het onder drakoniese en ‘ n sinnelose wetgewing vanaf regeringsk­ant.

Laasgenoem­de is egter tot ‘n groot mate (en die verleenthe­id van die wetgewende department) reggestel en sal die passasiers­bussie- mark hopelik weer, te midde van dalende verkoopsyf­ers vir nuwe voertuie, ‘n welkome hupstoot gee.

Sedert 2012 is Hyundai se H1-reeks uitgebrei met die toevoeging van die dubbeldoel­ige Multicab-model wat verkoopsyf­ers van die H1reeks tot meer as 12,000 modelle laat styg het. Meneer Stanley Anderson, bemarkings­direkteur van Hyundai in Suid-afrika, het tydens die bekendstel­ling van die nuwe H1-bussie aan die begin van hierdie jaar dan ook geen twyfel gelaat oor hoe die bemarkings­pan die toekoms sien nie.

“Met die bekendstel­ling van hierdie nuwe model met sy verbeterin­ge en toevoeging­s aan sowel die buiteaansi­g as die binneruim, is daar beoog om die rakleeftyd van die H1 te verleng.”

Hoewel die voorkoms van die verskillen­de modelle nie werklik veel oor die ses jaar sedert sy bekendstel­ling verouder het nie, sal die opgraderin­g tog Hyundai in staat stel om met die nuwe passasiers­bussie sy Duitse mededinger­s ( Volkswagen en Mercedes) behoorlik die stryd aan te sê.

Die H1, met sy nege sitplekke, 842-liter bagasie-ruimte en uitstekend­e uitsig, bied aan die operateur, in familie- of toerismeve­rband, optimum waarde vir juis dit waarvoor die voertuig aangeskaf word, naamlik RUIMTE maar ook gekombinee­r met stylvolle en luuksueuse GEMAK.

Die stuurwiel en rathefboom spog nou met leerafwerk­ing en laasgenoem­de is op die sentrale konsole gemonteer om nog verdere gemak en ruimte te voorsien.

Die instrument­epaneel se aansig is ook gemodernis­eer, sy paneelkiss­ie het ‘n verkoeling­sfasilitei­t, lugversorg­ing is eintlik klmaatbehe­er en tesame met die elektriesb­eheerde spieёls en spoedkontr­ole bied die Hyundai gerieflike en gerusstell­ende vooruitsig­te vir ‘n lang rit.

Wat veral byval sal vind is die feit dat die drie rye sitplekke elkeen hulle eie lugreё ling ontvang hoewel die derde ry sitplekke ongelukkig nie kan plat slaan nie.

Veiligheid­skenmerke is ook opgegradee­r deur toevoeging van sylugsakke tot dié van die voorste twee. Die ABS- remstelsel is ook verder verfyn met die ondersteun­ing van EBD (elektronie­s beheerde remkragver­spreiding vir beter voertuigko­ntrole in die geval van noodaanwen­ding.

Aan die buitekant spog die nuwe Hyundai H1 bussie met ‘n nuutontwer­pte sierrooste­r, nuwe buffers en stylvolle 16duim allooiwiel­e hoewel die paneelwa met staal-vellings toegerus is.

Sover dit aandrywing en ander meganika betref het Huyndai se ingenieurs by hulle beproefde enjins gehou.

Vir die H1- bussie reeks is daar ‘n 2,5 liter turbo-diesel outomaties en ‘ n 2,4 liter petrolenji­n met handratska­keling beskikbaar.

Die 126kw en 224Nm petrolenji­n-model se spesifikas­ies dui op ‘n 10,2 liter/100km brandstofv­erbruik.

Hoewel die dieselmode­l een kw minder krag bied en ongeveer 100,000 duurder is, bied die voertuig ‘ n beter brandstofv­erbruik van nege liter/100km en 44Nm meer wringkrag.

Dit was veral laasgenoem­de aspek wat gedurende die toetsbestu­ur baie sterk en opvallend na vore gekom het.

Die turbodiese­lenjin verskaf verstommen­de versnellin­g en krag vir ‘n voertuig van hierdie omvang terwyl die outomaties ratkas stil, sag en grasieus sy kant bring.

In die geval van ‘n vol vrag passasiers met bagasie en ‘n moontlike sleepwa sal die ekstra wringkrag ‘ n lang tog baie vergemakli­k en veraangena­am. Dit sal ook die verbysteek van ander voertuie op die lang pad makliker maak.

H1-bussie is op die oomblik die markleier in terme van krag, spesifikas­ies en prys indien dit vergelyk word met sy bekendste mededinger­s, naamlik Ford se Tourneo, die Mercedes V-klas en VW se Kombi/caravelle. Die splinternu­we Hyundai H1- passasiers­bussie beset op die oomblik ‘n leidende 21,5% van die markaandee­l wat ‘n 6,9% styging sedert verlede jaar toon en hoewel dit ‘n dalende tendens toon (wat vir alle nuwe voertuie op ‘n jaar tot jaar basis geld) behoort die nuwe H1 hierdie neiging vir Hyundai om te draai.

Die volgende pryse was teen Julie 2016 van toepassing op die H1-reeks:

H1 2.5 Diesel 9-sitplek A/T H1 2. 4 Petrol 9- s i t pl ek H1 Multicab 2.5 Diesel 6sitplek N$526,000 H1 P/V 2.5 Diesel 3-sitplek By die bogenoemde pryse is ingesluit die ongelookfl­ike Hyundai 7-jaar/200,000km waarborg met padbystand en ‘n diensplan vir 5-jaar of 90,000km.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia