Nam Wheels

HONDA SE NUWE BR-V

Honda het as teiken die jong, “dinamiese” gesin wat hou van kampeer, grondpad ry om by die bergfietsp­aaie uit te kom, en 'n kano op die dakrak te sit. Honda het ‘n nuwe nutsvoertu­ig - vir jonk en oud!

- Text Dr Hans Heese Images Honda Motor S.A.

Honda het vanaf die intrapslag in Suider-afrika in die 1980's 'n reputasie opgebou as een van die mees betroubare en soliede vervaardig­ers van motors op die mark.

Die feit dat Mercedes-benz die Japannese motors onder hulle vleuels geneem het, kon ook moontlik daartoe bygedra het.

Feit is dat Honda en Mercedes se paaie geskei het, maar die Japannees sy goeie reputasie behou het. Hierdie nuwe BR-V nutsvoertu­ig bou voort op hierdie tradisie.

Die BR-V vervang die Mobilio nutsmodel wat vir 'n relatief kort tydperk hier op die mark beskikbaar was. Omdat ek nie sy voorganger leer ken het nie, het ek 'n gou Google- soektog op die Mobilio gedoen.

Groot was my verbasing toe ek foto's van die eerste reeks Mobilio's gesien het; dit was 'n groot skok om die vreemde, maar praktiese, lyne van die nutsmodel te sien.

Die snaakse voorkoms het my laat dink aan die Fiat Multipla wat ook maar net 'n tydjie hier bemark was, en waarskynli­k weens sy vreemde voorkoms nie besonders verkoop het nie.

Dit is ongelukkig so dat die meeste motorkoper­s eerstens na voorkoms kyk, daarna na die verborge talente. Dit was ook so met die Multipla wat in turbodiese­lvorm uitstekend­e verrigting gehad het en waar drie persone met gemak voor kon gesit het!

Die BR-V nuweling gaan op sy voorkoms alleen nuwe kopers vind. En na afloop van 'n toetsrit waarin die hele gesin van sewe mense oor teer- en grondpaaie met hom gery het, gaan hy nog meer kopers lok!

Waarom? Die Honda 1,5 liter petrolenji­n is een van die mees-beproefde enjins op die mark. Nie die vinnigste nie, maar een waarop jy kan staatmaak om lank te hou en “net goeie vibrasies” aan die eienaar oor te dra!

Die eenheid ontwikkel 88kw teen 6,600opm en stel 145Nm beskikbaar teen 4,600opm.

Soos met die meeste Hondaenjin­s, is die toere dus aan die hoë kant en sal die ratkas (’n 6-gang handrat of ‘n CVToutomat­ies) gebruik moet word om die beste verrigting te bereik.

Miskien bly die aangegewe brandstofv­erbruik van slegs 6,3 liter/100 dan in die slag...

Aan die positiewe kant, is dit nie almal wat van verkeersli­g tot verkeersli­g met die ander manne sal wil kompeteer nie; as daar sewe mense in 'n voertuig is, gaan dit in die eerste plek oor die gemak en veiligheid van die passasiers.

En die veiligheid­skenmerke van Honda was nog al die jare legendarie­s; al die nodige stelsels sorg hiervoor.

Soos talle van sy mededinger­s in die onderkant van die nutsvoertu­igreeks, het Honda as teiken die jong, “dinamiese” gesin wat hou van kampeer, grondpad ry om by bergfietsp­aaie uit te kom, en 'n kano op die dakrak te sit.

Die grondvryho­ogte is ook beter as die van sy Mobilio voorganger. Dit is goed so; ons hou die volk gesond!

Maar ook hulle het vergeet van die oueres wat saam met (ou!) vriende ook grondpaaie wil gaan ry en die plekke van lank gelede wil gaan opsoek.

BR-V kom in drie weergawes; Trend is die “intreemode­l” met sy staalwiele en “gewone” lugversorg­ing en slegs met 'n handratkas.

Comfort en Elegance kan van die goedkoper Honda BR-V model onderskei word deur die allooiwiel­e en dinge soos klimaatbeh­eer, waar die regte temperatuu­r gekies kan word en die res outomaties geskied.

Die BR-V topmodel het ook sleutellos­e toegang tot die motor.

Jonger kopers gaan die raakskerm op die paneelbord mis, maar verder is alles daar wat nodig is vir hulle musiek en vermaak, en natuurlik ook ‘n Bluetooth verbinding om lekker op die selfoon te praat sonder om ander motoriste se humeure te laat opvlam.

In terme van die Honda BR-V onderhouds­koste gaan ouer kopers die Trend-model wil koop omdat hy goedkoper is sonder om noodsaakli­khede prys te gee.

Die vangplek is egter dat hy nie deur 'n diensplan gedek word soos die ander modelle met hulle 2-jaar / 30,000km onderhouds­plan nie. Maar elke nuwe BR-V het ‘n 5-jaar / 200,000km waarborg!

' n Pluspunt in die tyd van allerlei snaaksighe­de op nuwe voertuie is die feit dat die spaarwiel volgrootte is en dat mens nie van spuitkanne­tjies en tierlantyn­tjies afhanklik is nie as ‘n spyker die rubber sou tref.

En vir die warm somerdae is daar nie minder nie as elf koeldrankh­ouers!

Ongelukkig het Honda SuidAfrika geen versnellin­gs- of verrigting­syfers verskaf nie.

[ Ed.: ons beste 0-100km/h tyd vir ‘n 1.5 handrat-model was 10,18 sekondes by seevlak ] Pryse van die BR-V: Trend (handrat) N$245,000 Comfort (handrat) N$257,000 Comfort (outo.) N$272,000 Elegance (h/rat) N$277,000 Elegance (outo.) N$293,000

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia