WIND­HOEK: HIER’S JOU GIDS

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS EN FO­TO’S ERNS GRUND­LING

Die beste uit­kyk­plek­ke vir ’n sonsondergang (met iet­sie kouds in die hand), en ’n keur van puik re­stau­ran­te en doen­din­ge in en om die hoof­stad

Wind­hoek is ’n be­dry­wi­ge stad met ga­we in­wo­ners wat jou lan­ger sal boei as wat jy ver­wag. Hier is ’n wed­stryd­plan vir van sons­on­der­gan­ge tot sus­hi.

Met min­der as 350 000 in­wo­ners en ’n be­skeie mid­de­stad kan ’n mens nie an­ders as ’n dorps­ge­voel kry in Wind­hoek nie. Maak nie saak waar­van­daan jy ver­trek nie, jy is sel­de meer as ’n kwar­tier se ry weg van jou be­stem­ming.

Dit is ook kos­mo­po­li­ties: A­fri­kaans, Duits, En­gels, He­re­ro en an­der ta­le weer­klink ge­mak­lik naas me­kaar op straat.

Ter­wyl ek een aand by die Wa­re­hou­se T­he­a­t­re wag vir my ka­pa­na (’n plaas­li­ke vleis­dis) stap ’n O­vam­bo-kel­ner ver­by en sing uit vol­le bors saam met Bok van B­lerk se lied­jie “Vod­ka en OJ” wat oor die luid­spre­ker speel...

Die Oos­ter­se in­vloed op Wind­hoek is dui­de­lik sig­baar by ’n ad­ver­ten­sie­bord in Sam Nu­jo­ma­ry­laan na­by die C­hi­ne­se re­stau­rant Yang Tze: Jy kan ka­ra­te­les­se neem by sen­sei T­heo de Kock.

Die straat­na­me val ’n mens op: In die woon­buurt Ka­ta­tu­ra het ek ’n Bei­jing­straat ge­sien, el­ders ’n Beet­ho­ven­stras­se en my guns­te­ling: die hoek waar Rug­by­en Net­bal­straat ont­moet.

Hier’s jou gids tot Wind­hoek se beste sons­on­der­gang­plek­ke, re­stau­ran­te, plek­ke vir be­ne rek, en plek­ke waar jy plaas­li­ke kul­tuur kan ge­niet.

KYK WYD. Die uit­sig van die Hil­ton Wind­hoek se Sky­bar is die beste in die stad. Kyk noord­oos en sien ver­skeie ba­kens: (1) die Chris­tus­kirche, (2) Zoo Park, (3) die Hoog­ge­regs­hof, (4) die In­de­pen­den­ce Me­mo­ri­al Mu­seum en (5) die Al­te Fes­te Mu­seum. As jy...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.