GOEIE OU GROOT­FON­TEIN

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS EN FO­TO’S ERNS GRUND­LING

Wel­kom by die land­bou­skou waar die men­se saam­staan, en die plaas­die­re pronk

Die Groot­fon­tein­skou is die groot­ste plat­te­land­se land­bou­skou in Na­mi­bië en snoer al lan­ger as ’n eeu dié ge­meen­skap saam.

Sep­tem­ber is skou­sei­soen in Na­mi­bië. Groot­fon­tein, Keet­mans­hoop, Re­ho­both en Go­ba­bis is van die dor­pe wat in len­te­tyd skou­koors kry. Din­ge kry mo­men­tum vir die Wind­hoek­skou teen die ein­de van die maand. Van al die plat­te­land­se skoue is Groot­fon­tein s’n – vir die eer­ste keer ge­hou in 1911 – die groot­ste met meer as 10 000 be­soe­kers oor die d­rie dae.

’n Groe­pie kin­ders speel sok­ker by die dorps­in­gang wan­neer ek Groot­fon­tein bin­ne­ry. Dit val my da­de­lik op hoe skoon en net­jies die stra­te is.

Hoe­wel die ge­wes­te tus­sen O­ta­vi, T­su­meb en Groot­fon­tein as Na­mi­bië se Mie­lie­drie­hoek be­kend staan, gaan dit by dié skou oor die­re: Bees­te, kleinvee en per­de is die spil­punt van die ak­sie.

Die slag­spreuk vir 2014 is “Nat, Nat­ter, Na­mi­bië!” Op die pro­gram­boe­kie se ag­ter­blad, bo fo­to’s van vol ri­vie­re en groen lan­de­rye, staan ge­skryf: “Ons is baie dank­baar teen­oor ons He­mel­se Va­der vir die mil­de­li­ke re­ën wat ge­val het. Mag die vol­gen­de re­ën­sei­soen weer so ge­se­ënd wees.”

Dis die Dins­dag­aand voor als be­gin en die ter­rein is be­sig. Op die sport­veld ga­lop ’n paar Vlaam­per­de vors­te­lik on­der die sprei­lig­te, stal­le­tjies word op­ge­slaan, ma­sji­ne­rie en land­bou-im­ple­men­te staan die ter­rein vol en oor ’n luid­spre­ker weer­klink Wor­sie Vis­ser se “Ek en my mei­sie”. (In die vlees tree die Camp­bells op.)

Al­les ruik na plaas en braai­vleis... die

Gi­de­ons-By­bel-o­mies het tjops en so­sa­ties op die ko­le.

Bui­te die Geel Trein –’n saal waar­van die een muur ’n ou geel trein­wa is – trip­pel skool­kind­kel­ners op­ge­won­de rond voor die aand se o­pe­nings­ge­sel­lig­heid.

“Wat moet ons ac­tu­al­ly doen? Moet ons goed op ’n skink­bord b­ring?”

Haar maatjie ant­woord nie, sy W­hat­sApp net.

“Van­aand moet ek op my beste wees,” sê ’n an­der.

Doer op die ter­rein glim en flik­ker die pret­park se lig­te en swaai die In­ver­ter deur die lug – dis ’n mon­ster­ma­sjien wat ’n dui­se­lig­wek­ken­de 360˚ draai met gil­len­de in­sit­ten­des maak.

“Die kin­ders het die In­ver­ter al ge­ry dat hul­le neu­se bloei,” sê De­on van B­lerk, die skou­ko­mi­tee se vi­se­pre­si­dent.

De­on is ook aan die s­tuur van die Trots Groot­fon­tein-i­ni­si­a­tief wat ge­sorg het dat 250 kin­ders van ses sko­le in die om­ge­wing die dorp help skoon­maak het. On­langs is 100 bo­me ook ge­plant.

“K­lein ge­meen­skap­pe is won­der­lik, dit trek my aan: skool, kerk, dorp, skou,” sê De­on.

Ek skud blad met Jo­hann van Heerden, die skou­pre­si­dent. “Dis val en op­staan en op­pe en aw­we en snot en tra­ne,” sê hy oor die “tough stoel” waar­in hy sit.

Met kom­pe­ti­sie­tyd loop die ge­moe­de­re blyk­baar soms hoog. “Daar by die stal­le het die man­ne me­kaar al ge­blik­sem oor ver­skil­le, oor my perd is be­ter as jou­ne en al daai din­ge, maar ons kan by­me­kaar­kom en

sê ons is deel van Groot­fon­tein­skou vir 103 jaar. En dís in­cre­di­ble,” sê Jo­hann.

By die o­pe­nings­ge­sel­lig­heid is die saal vol te­lers, bor­ge, boe­re en uit­stal­lers.

Die se­re­mo­nie­mees­ter, Ne­al van den Berg van die Na­mi­bie­se radiostasie Ka­naal 7, roep die ge­hoor tot or­de. “Jul­le wat bui­te sit... Hoe weet ek jul­le luis­ter vir ons en is nie be­sig om voet­jie-voet­jie te speel of kwaad te doen nie?”

En op ’n meer stig­te­li­ke noot: “Ou­ens, kom ons sê dan­kie vir Na­mi­bië, dan­kie vir goeie ver­hou­dings tus­sen ons men­se.”

Do­mi­nee Hen­drik van Zyl lees uit He­bre­ërs en be­klem­toon dat ons ook skou­pro­duk­te van God is wat hier in Groot­fon­tein “uit­ge­stal” word.

Toe­spra­ke volg, dan doen Jo­hann die be­dan­kings. “Vat hier­die dan­kie van­aand, dis ’n reg­te eg­te boe­re­dan­kie. Mag jy al die toue van laas­jaar op­tel en lek­ker kui­er.”

Hier kui­er ons díép

Die ge­meen­skap vat han­de by die skou. Pen­si­oen­trek­kers ver­dien ’n geld­jie deur die ter­rein skoon te hou en ker­ke en sko­le op die dorp het kos­stal­le­tjies by die per­deen bees­af­de­ling.

Jy kry van pan­ne­koek tot braai­vleis, schnit­zel, gems­bokste­ak en ’n pep­per­mint crisp- tert uit die boon­ste rak­ke.

Ne­al van Ka­naal 7 doen aan­kon­di­gings (en ’n paar reg­streek­se uit­sen­dings) by die skou. In ’n sta­di­um gee hy kaart­jies weg vir die Camp­bells se kon­sert. Die vrae aan skou­gan­gers: “Wat is die skou­se­kre­ta­res­se se van? Wat is die naam van die skou­pre­si­dent se hond?”

Die stal­le­tjies is ’n al­le­gaar­tjie van kuns­en hand­vlyt, kom­buis­wa­re, kle­re, speel­goed en peu­sel­hap­pies.

X­tre­me Bo­dy Art se ta­toe­ëer­stal­le­tjie is ver­al ge­wild. Ric­ci van Ton­der wat die stal­le­tjie be­man, ver­tel hoe­wel ster­re­tjies en na­me die ge­wild­ste tat­too is, “is dit die dom­ste ding om jou part­ner se naam op te sit”. As voor­sorg­maat­re­ël ont­werp sy dit só dat ’n mens dit la­ter kan ver­an­der.

Sy ver­tel ook Na­mi­bië is be­rug vir on­be­voeg­de ta­toe­ëer­ders wat le­li­ke lyne trek, non­sens aan­vang en ver­al spel­fou­te maak (in Wal­vis­baai het ie­mand blyk­baar “Je­sus”

as “Ju­ses” ge­skryf...).

By die Gi­de­on­stal­le­tjie knoop ek ’n vin­ni­ge ge­sel­sie aan met Land­man van G­reu­nen (77). Hy is ’n dorpsle­gen­de: voor­ma­li­ge skou­voor­sit­ter, oud­bur­ge­mees­ter en ook oud­skool­hoof.

Hy hou blyk­baar nie van En­gels praat nie. Ie­mand ver­tel die do­mi­nee op die dorp sê soms van die kan­sel af: “Ver­skoon my oom Land­man, maar ek moet nou die vol­gen­de in En­gels sê...”

“Hy trek Groot­fon­tein en die dis­trik by­me­kaar,” sê oom Land­man van sy ge­lief­de skou. “Dit gaan goed met die skou, hy’t nog nooit ’n ver­lies ge­ly nie.”

Hy dink te­rug aan “diep kui­ers” uit die ver­le­de, ver­al in die tyd toe die Weer­mag nog hier was. “Een aand, toe ek nog bur­ge­mees­ter was, het ons só ge­kui­er dat ek teen mid­der­nag vir die Weer­mag die Vry­heid van die Dorp ge­skenk het.”

In die skou­kan­toor staan die y­we­ri­ge ko­mi­tee se han­de vir niks ver­keerd nie.

“Kom ons gooi ko­le! Bly kalm, han­teer die pro­ble­me. En moe­nie baklei met me­kaar nie,” sê Jo­hann na­dat hy sog­gens ’n dag­stuk­kie voor­ge­lees het.

’n Mens hoor al­ler­han­de kwink­slae in die skou­kan­toor:

“Ek sien jou kuit­spie­re is styf van­mô­re – 2 bar.”

“Jy’s te mooi om so kwaai te lyk in die og­gend.” “Ons gaan nóú skou.” “Goei­e­mid­dag, maar jy lyk ni­ce. Dis se­ker om­dat jy by die skou is.”

Ek leer ook dat ver­skeie Groot­fon­tei­ners oor die ver­moë be­skik om in­wo­ners aan hul­le nom­mer­pla­te te her­ken. “Ja­co se bak­kie is 757, 123 is Wim­pie Ot­to, 132 is Org Ver­maak, 151 is Har­dus B­reedt...” ram­mel De­on die na­me af.

Die In­ver­ter bly ’n trek­pleis­ter, maar dit boe­sem ook vrees in. Soos Di­an Jan­sen (15) half uit­a­sem sê toe hy in­loer by die skou­kan­toor: “Ek gaan nie weer nie, ek het soos in tien keer vir die He­re ge­bid!”

Om ’n bok te be­kyk

Die klein­vee­be­oor­de­laar, Ber­tie van Zyl, wag met sy staf in die mid­del van die ring – ’n om­hein­de se­ment­blad. Han­teer­ders

‘Dit voel soos om iets uit ’n ver­gan­ge era dop te hou – ’n bie­tjie Ben-Hur son­der die ag­gres­sie en ge­weld.’

– plaas­wer­kers of plaas­kin­ders – lei elk­een ’n meestal be­foe­ter­de boer­bok bin­ne.

’n Vrou laat van haar hoor bui­te die ring: “Li­ze, sta-a-a-a-dig, rus­tig. Li­ze, vas­hou, vás­hou.”

Die bok­ke suk­kel om tot ver­haal te kom: Par­ty stamp kop, t­wee pro­beer me­kaar dek, een skyt, ’n an­der vries en blêr wee­moe­dig.

Wan­neer al die bok­ke on­der be­heer is, be­gin Ber­tie elk­een van kop tot stert be­kyk. Hy voel selfs aan die kna­ters (“’n groot, mooi ge­vorm­de sak” tel in ’n ram se guns).

Pol­la Pot­gie­ter van die Do­ring­draad Boer­bok­stoet bui­te T­su­meb is ’n trot­se ou­pa. Hy skou al se­dert die 1970’s hier en sy seuns én klein­seuns sit dié tra­di­sie van­jaar voort. “Og, dis waar­voor ’n ou le­we,” sê hy.

Ber­tie raak by­na fo­ren­sies in sy be­oor­de­ling: “Hy’ t ’n baie goeie mid­del­stuk en baie goeie leng­te. Kyk, sy spier ag­ter­op sy ag­ter­been loop tot am­per in sy hart.”

Mag ie­mand nooit die vol­gen­de van my sê nie, dink ek wan­neer Ber­tie een kan­di­daat só op­som: “Hy’ t nie ge­noeg man­lik­heid nie, hy sê nie vir my ‘ram’ nie.”

Op die eer­ste mid­dag van die skou – ’n Woens­dag­mid­dag – word daar op­tog ge­hou van die hoof­straat na die skou­ter­rein. Als en al­mal neem deel: warm­ge­maak­te bak­kies en vrag­mo­tors, ’n brand­weer­wa, die Weer­ma­g­or­kes, die La­er­skool Lui­perd­heu­wel se trom­pop­pies, mo­tor­fiet­se,’n Mo­del-A Ford uit die 1930’s, po­li­sie­man­ne mar­sjeer, die La­er­skool T­su­meb Gim­na­si­um se Mej. Gim­mies wuif uit die oop s­kuif­deur van die skool­bus­sie...

’n Kar­na­va­l­at­mos­feer heers by die per­de-a­re­na wan­neer die op­tog ná ’n wye draai voor die pa­vil­joen tot stil­stand kom. “Jul­le mooi mei­sies van Lui­perd­heu­wel, jul­le bly die trots van ons dorp,” sê Su­ret Bot­ma, wat die op­tog ge­re­ël het.

Dan sing al­mal pleg­tig die Na­mi­bie­se volks­lied én die A­fri­ka-U­nie-lied.

Daar is iets moois en diep mens­lik aan die op­tog, wat al­mal op die dorp – van peu­ters tot pen­si­oen­trek­kers – saam­snoer.

Ben-Hur en toughlo­ve

Per­de is van­jaar goed ver­teen­woor­dig by die skou: Par­ty kom van so ver as Keet- mans­hoop, Ma­rien­tal en selfs Suid-A­fri­ka aan­ge­ry. Die Fries- en Vlaam­per­de se na­si­o­na­le kam­pi­oen­skaps­by­een­koms word ook hier ge­hou.

Baie van laas­ge­noem­de per­de be­hoort aan Ka­ren Woer­mann van Wind­hoek. Ka­ren is ’n groot gees in Na­mi­bie­se per­de­krin­ge en be­trok­ke by ’n pro­jek waar per­de ge­bruik word om ’n ver­skil te maak in die le­wens van kin­ders met spe­si­a­le be­hoef­tes.

Hier is ’n mag­dom i­tems en klas­se, maar dit is ver­al p­ret om te kyk hoe die ver­skil­len­de per­de­kar­re­tjies – sier­tuig, en­kel­tuig en dub­bel­tuig – om die baan wiel, dik­wels met vors­te­li­ke Vlaam­per­de voor.

Dit voel soos om iets uit ’n ver­gan­ge era dop te hou – ’n bie­tjie Ben-Hur son­der die ag­gres­sie en ge­weld. Ver­al as Rina Hugo se “’n Tik­kie Vry­heid” saam­ge­sels oor die luid­spre­ker.

Die aan­kon­di­ger, Frans S­teyn, hou ’n ferm hand oor ver­rig­tin­ge. Wan­neer van die kin­ders te na aan die baan ’n klap­per skiet, vat hy hul­le deeg­lik vas. Maar meestal be­veel hy ge­dul­dig: “Ga­lop, asseblief. Can­ter, ple­a­se.”

Kin­ders deel ook in die ver­rig­tin­ge met Boe­re­sport – ’n soort mu­si­cal chairs op per­de – waar broers en sus­ters en neefs en nig­gies van die dis­trik teen me­kaar krag­te meet. Die kos­tuum­klas – daar was ’n perd én rui­ter in S­pi­der­man-ge­waad – is ook baie ge­wild on­der die jong­span.

Ty­dens een van die i­tems val ’n tie­ner­mei­sie, A­mo­ret Louw, van haar perd. Haar ou­ma Martie is da­de­lik op die to­neel met ’n ste­wi­ge do­sis tough lo­ve: “As jy nie nou op­klim, nie gaan jy nooit weer op ’n perd wil ry nie. Trek jou ge­sig­gie mooi en smi­le. Prag­tig, daar­sy, daar gaat jy...”

Wat is vrou­lik­heid?

Da­wid Krau­se is ’n be­ken­de aan­kon­di­ger in bees­krin­ge in Na­mi­bië.

Hy deel graag s­taal­tjies oor die mi­kro­foon. Wan­neer die ap­plous te yl na sy sin is, tree hy die bees­boe­re aan: “Jy kry mos daai men­se wat jy be­taal om by ’n be­graf­nis te huil. Vol­gen­de jaar gaan ek men­se be­taal om han­de te klap.”

Die bees­pro­gram lys 140 stoet­bees­te: Brah­man, Braun­vieh, Santa, Sim­bra en Sim­men­ta­ler is van die ras­se wat hier ver-

toon word.

In ’n a­par­te kam­pie staan ’n ta­maai Brah­man-C­ha­ro­lais-os van 920 kg. “Jy kan ’n ho­ring op hom sit en ver­koop as ’n re­nos­ter,” sê ie­mand in die ver­by­gaan.

Don­der­dag­mid­dag is dit 36˚ C op die dorp en Da­wid b­ring ver­lig­ting: “Ons het toe­stem­ming ge­kry dat die be­oor­de­laars hul­le baad­jies mag uit­trek.” Hul­le hui­wer nie vir ’n oom­blik nie.

Die bees­te is min­der ma­nies as die bok­ke in die ring. As­of hul­le by­na ge­dweë en af­ge­trok­ke aan hier­die swaar­ge­wig­mo­de­pa­ra­de deel­neem. (Daar is wel ’n s­taal­tjie van ’n stor­men­de An­gus­bul wat ja­re ge­le­de ’n be­oor­de­laar so laat skar­rel het dat dié ’n rib ge­breek het toe hy ge­vlug en ge­val het.)

Ook hier is be­oor­de­ling ’n teg­nie­se saak. “Dié is ’n vers met ge­wel­di­ge ka­pa­si­teit en mooi vrou­lik­heid. Kyk net die on­der­lyn. Kyk net hoe maak daai ui­er dat dié vers ’n ge­wel­di­ge mooi wig­vorm toon,” sê Ba­rend Dorf­ling, een van die be­oor­de­laars.

By A­lex de Ko­ning, op 26 een van die jon­ger bees­be­oor­de­laars, pluis ek oor ’n bier die ge­heim uit van goeie “man­lik­heid” en “vrou­lik­heid”.

“Soos jy na ’n mei­sie ook kyk: die fyn ly­fie, bie­tjie heu­pies en ’n fyn ge­sig­gie... dis maar vrou­lik­heid. As die dier om ’n hoek kyk, dan wil jy sien dis ’n koei­kop, jy wil nie ’n grow­we, sterk, man­li­ke koei sien nie,” ver­dui­de­lik hy. “En by man­lik­heid soek jy sterk oog­ban­ke in ’n bul, en jy soek die nek­ont­wik­ke­ling en -ver­don­ke­ring.”

A­lex is ’n plaas­be­stuur­der en noem hom­self ’n “be­gin­ner­boer”.

“Ons praat al­tyd van die Groot Gees op Groot­fon­tein. By die Wind­hoek­skou staan el­ke ou in ’n hoek en kyk, maar hier is meer sa­me­syn, die ou­ens spot me­kaar en kui­er saam.”

Die skou­kam­pi­oen­vleis­bees is ’n Sim­bra, Rum­ba He­mie, van Har­dus B­reedt.

“Dit gaan nie oor die te­ler nie, maar oor die bees,” sê Har­dus. “Ek wil net weer eens vir die Va­der baie dan­kie sê vir die ge­leent­heid om so ’n dier te kan skou.

Sy’s struk­tu­reel heel­te­mal kor­rek. Jy kry nie ’n per­fek­te dier nie, maar sy’s so na­by as moont­lik aan per­fek. Ek dink dis haar pri­me jaar.”

Sout van die aar­de

Die skou ein­dig Vry­dag­aand met t­wee be­son­der­se i­tems op die per­de­baan.

Die Groot­fon­tei­ner Ma­rié K­riel (38) is in ’n rol­stoel se­dert sy op se­we­ja­ri­ge ou­der­dom in ’n skie­ton­ge­luk be­seer is.

Van­aand kry sy die ge­leent­heid om in ’n per­de­kar­re­tjie met t­wee Vlaam­per­de voor­aan om die baan te ry. “Ek het so lank te­rug op ’n perd ge­ry ek kan nie ont­hou hoe dit voel nie. Dit is my droom om weer perd te ry,” sê sy op­ge­won­de.

“Ná die on­ge­luk het hul­le ge­dink ek gaan ’n zom­bi’tjie wees,” ver­tel sy. “Maar ek het ma­triek ge­skryf en het nou my eie Ara­biers­toet. Dis al­les uit­da­gings, en as jy die ge­leent­heid kry, moet jy dit aan­gryp.”

Ter­wyl sy op­ge­tel word in die kar­re­tjie, roep haar ma, Rina: “Ma­rié K­riel, tel op jou kop en kyk vér!”

On­der lui­de ap­plous ry Ma­rié saam met die rui­ter S­haun Ester­hui­zen en haar broer Sam om die baan. Die tra­ne rol vry­e­lik.

Die laas­te i­tem is iets wat jy nie som­mer meer van­dag kan sien nie.

Agt Vlaam­per­de word voor ’n per­de­wa in­ge­span en hul­le maak ’n paar “Kaap­se draaie” om die baan. Die wa is vol Groot­fon­tei­ners: Ou­ers, kin­ders, rui­ters, en selfs Ka­ren Woer­mann se 81-ja­ri­ge ma, E­mi­ly Noth­na­gel, wat steeds me­de­din­gend aan tui­gi­tems deel­neem.

Ek en Ka­ren staan on­der die sprei­lig­te en ge­sels oor die men­se van Groot­fon­tein. “As ie­mand ’n pro­bleem het, spring al­mal op om te help,” sê sy. “Hier is al­tyd span­gees. Die men­se werk hard, kui­er hard en bid net so hard. Dit is sout van die aar­de men­se dié.” Sien bl. 121 vir ver­blyf in die Groot­fon­t­ein­dis­trik. Die 2015 Groot­fon­tein­land­bou­skou vind plaas van 16-18 Sep­tem­ber. An­der skoue: Keet­mans­hoop 2-5 Sep­tem­ber, Go­ba­bis 21-23 Sep­tem­ber, Wind­hoek 25 Sep­tem­ber-3 Ok­to­ber.

VAT VLAAM! In 2014 was daar baie per­de by die Groot­fon­tein­skou, ver­al ’n aan­tal Vlaam­per­de wat kar­re­tjies soos hier­die en­kel­tuig om die sport­veld laat wiel het.

SKOU­PER­DE (oor­kant­ste blad, bo). De­on van B­lerk en Jo­hann van Heerden is on­der­skei­de­lik die vi­se­pre­si­dent en pre­si­dent van die Groot­fon­tein­skou. ADRENALIENMASJIEN (oor­kant­ste blad, on­der). Die In­ver­ter is in A­me­ri­ka ge­bou en was die hoog­te­punt by die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.