KUL­TUUR: VAN MATRIEKAFSKEID NA WIE­LE TOL

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS SOPHIA VAN TAAK FO­TO’S SAM R­EIN­DERS

S­wa­kop en Wal­vis se men­se en hul­le din­ge (en woe­li­ge kar­re)

Na­mi­bië is vol ver­ras­sings. Neem by­voor­beeld S­wa­kop­mund en Wal­vis­baai – ge­dink hier’s net Duit­se kos, vis­trei­lers en ta­maai dui­ne? Toe nou nie! Wag net dat die son sak...

Dis vroeg­aand in S­wa­kop. ’n Mei­sie leun teen die kaai se re­ling en tuur pein­send oor die see. Die sleep van haar ink­blou sa­tyn­rok klok sag uit in die vars brie­sie, ’n don­ker krul tui­mel uit haar op­ge­steek­te ha­re. Op haar kaal arms slaan hoen­der­vleis uit, maar sy stáán. Want mooi kry nie koud nie, en jou ma­triek­af­skeid­fo­to word net een keer in ’n leef­tyd ge­neem.

Toe die fo­to­graaf sy ka­me­ra uit­ein­de­lik laat sak, staan haar met­ge­sel na­der, trek sy blink­sil­wer baad­jie met die pais­leykraag uit en hang dit soos ’n reg­te gent­le­man om haar skou­ers.

Ek en Sam het eint­lik net kom aand­e­te soek, maar dié to­neel­tjie boei ons nou. Nog paar­tjies van die Ho­ër­skool Na­mib daag op vir jo­to’s op dié ro­man­tie­se plek­kie. Van­aand staan die ma­trieks se na­me op die nom­mer­pla­te van die swie­ri­ge kar­re wat hul­le rond­ry: Da­mi­on & Janine, JP & Ky­lie, Talie & De-Ann…

Ete kan wag, ons volg die mo­tors na waar die ma­trieks saam met hul­le ou­ers en on­der­wy­sers ske­mer­kel­kies drink voor hul­le per bus na die af­skeids­dans ry – wáár weet hul­le nie, dis ’n ge­heim.

In ’n af­ge­kamp­te straat wag jil­len­de tie­ners, trot­se ou­ers en ’n nor­ring nuus­kie­ri­ges op die paar­tjies wat een na die an­der aan die on­der­punt van ’n lang rooi ta­pyt af­ge­laai word. (Dis dui­de­lik nie die rooi ta­pyt se eer­ste matriekafskeid nie.)

Daar is Be­at­le­ma­nia in S­wa­kop va­naand: Soos die spog­mo­tors se deu­re oop­swaai, beur mei­sie­tjies vo­ren­toe om met hul­le sel­fo­ne “steel­fo­to’s” van die ma­triek­seuns te neem, en wys dit dan al gil­lend en trip­pe­lend vir me­kaar.

’n Groot se­ku­ri­teits­man in ka­kie­kle­re het moei­te met ’n las­ti­ge geel bas­ter­hond

wat hom­self kort-kort op die rooi ta­pyt wil kom rol. Hy moet ook sorg dat die mo­tors – wat nou be­gin ag­ter­wie­le tol – nie oor ie­mand se voe­te ry nie. “Te­rug! Te­rug! Uit die pad uit, asseblief!” bul­der hy en wuif soos een wat bees­te aan­keer.

Dit raak gou dui­de­lik hoe din­ge hier ge­doen word: Die mo­tor en die mei­sie se rok moet die­self­de kleur wees. En hoe gro­ter jou aan­sien op skool, hoe gro­ter jou ge­volg: Par­ty ou­ens ar­ri­veer alleen in ’n mo­tor, ge­volg deur die mei­sie in die vol­gen­de een. En as jy reg­tig cool is, het jy ’n dér­de mo­tor in jou kon­vooi waar­uit ’n paar stan­derd ses­sies peul wat eers ’n dan­sie op die ta­pyt doen, of jou goue hor­lo­sie en jou mei­sie se palm­hand­sak on­der­da­nig op swart flu­weel­kus­sin­kies aan­gee.

Die par­fuum­walms is skerp, die rok­kies ge­waagd, die sple­te en hak­ke on­moont­lik hoog. Na­els en ha­re is op­ge­dol­lie. Bo die kant­af­wer­king van ’n bee­trooi Ma­rie An­toi­net­te-tab­berd loer ’n swa­el­tjie­ta­toe­ëer­merk uit.

Par­ty ou­ens dra gui­ti­ge skel­blou kort­broe­ke, strik­das­se en tek­kies – plek-plek selfs kruis­ban­de en son­bril­le.

Een knaap kom ver­by met ’n hel­der­pienk soen af­ge­druk op sy wang. “Hei, was dit jou mei­sie?” vra ek. “Nee,” bloos hy, “dit was my nig­gie.”

’n Juf­frou in ’n blou­groen broek­pak slaan die spek­ta­kel met ’n sug ga­de en steek ’n si­ga­ret op. Sy’t dit al ’n hon­derd keer ge­sien. Toe nóg ’n slap kar met skreeu­en­de ban­de weg­trek, glip ’n vloek­woord sag­gies oor haar lip­pe.

Maar toe ’n leer­der in ’n be­denk­li­ke ne­o­no­ran­je skep­ping haar om die hals val, maak sy soos ’n juf­frou moet en vlei: “Kyk hoe prag­tig lyk jy van­aand!”

’n Ge- pimp- te, pou­blou BMW met sy on­der­stel plát op die teer se ge­grom trek die aan­dag. “Co­as­tal Spin­ning and Drif­ting” staan op sy voor­ruit. Die ska­re druk na­der – dis ie­mand ge­wild! ’n Aan­han­ger glip skelm­pies on­der­deur die ver­sper­ring om ’n kie­kie te vat toe die in­sit­ten­des uit­klim. Die se­ku­ri­teits­man se lont raak kort. Hy pluk ’n Mag­li­te-flits uit sy gat­sak en hou dit drei­gend soos ’n k­nup­pel on­der die ou­tjie se neus: “Hei! Jy luis­ter nou baie mooi vir my – ek is klaar ge­praat.”

Uit­ein­de­lik het de laas­te een van die Klas van 2014 ’n gla­sie J.C. Le Roux in die hand, maar toe vier bus­se kort daar­na na­der­dreun, is die ske­mer­kel­kies ver­ge­te en skar­rel elk­een vir ’n sit­plek in die voor­ste bus. Ek pro­beer nog­maals uit­vis waar die ge­hei­me be­stem­ming is en uit­ein­de­lik vat ’n juf­frou my sa­me­swe­rend een­kant toe: “Volg die B2 uit die dorp en draai af op die Lan­ger Hein­rich-myn­pad na Wal­vis... jy sal ’n wit mar­kies­tent in die woes­tyn sien staan.”

Ons gaan matriekafskeid toe!

Dis toe nie so mak­lik om ’n wit tent ná son­on­der in ’n woes­tyn te soek nie. Maar ons vind hom uit­ein­de­lik, in die bui­te­wy­ke van Wal­vis­baai. Met die in­trap­slag be­sef ons eg­ter hier’s groot fout: Dit ís ’n groot wit tent, maar dis ’n bier­tent.

Langs ’n re­sies­baan en ’n vlak vol braai­vu­re en warm­ge­maak­te kar­re. Ons is dui­de­lik op die ver­keer­de plek. Wat nou?

Wel, daai án­der wit tent gaan ons se­ker­lik nie nou in die don­ker op­spoor nie. Ons be­stel dus maar t­wee Wind­hoeks.

’n Draad­hei­ning span tus­sen die pa­vil­joen en die o­val track. In die mid­del van die o­val staan ’n paar be­amp­tes in glim­baad­jies op ’n se­ment­blad rond. Elk­een het ’n vlag en ’n brand­blus­ser by hom.

Die pa­vil­joen raak vol­ler en stuk-stuk hoor ek die sto­rie: Dié’s die splin­ter­nu­we De­sert Ra­ce­way-re­sies­baan wat Wal­vis­baai

se pe­trol­kop­pe ná ’n groot ge­smeek by die mu­ni­si­pa­li­teit uit­ein­de­lik in die nie­mands­land tus­sen die dorp en die Rooi­kop-lug­ha­we kon bou. En hier­die na­week is die amp­te­li­ke o­pe­ning – ’n na­week van bur­nouts in die aan­de en o­val ra­ces deur die dag. Na­mi­bië se beste be­stuur­ders is hier – waag­hal­se met vét kar­re en nog vet­ter hou­dings wat die eer­ste gly­mer­ke op die baan wil neer­sit: Van­aand word hier ge­skie­de­nis ge­maak.

Daar is skie­lik ’n be­roe­ring on­der die ska­re toe ’n rooi BMW E30 op die baan ver­skyn en die re­vs hoog druk. Die be­amp­tes laat sak hul­le vlae en hy spring weg – dis do­nuts en hand­bra­ke turns en ’n ge­skreeu en ’n ge­fluit – van die toe­skou­ers so­wel as die BMW se ban­de. Die be­stuur­der druk ’n ge­bal­de vuis by die ruit uit, hier kom dit nou! Hy hou daai BMW op een plek, hóú hom, ter­wyl die ag­ter­wie­le in die rond­te tol. Dan skiet ’n sproei­re­ën von­ke on­der die kar uit soos die loop­vlak deur­brand en die ban­de se draad oor die se­ment skuur tot­dat die wiel uit­ein­de­lik met ’n knal ont­plof. Die ska­re juig!

’n Dik wolk ver­stik­ken­de rub­ber­rook ver­swelg die pa­vil­joen. Die be­amp­tes se vlae gaan op en die rooi BMW doen on­der lui­de ap­plous ’n lap of ho­nour om die baan. Dís dan nou wat ’n bur­nout is.

Die vol­gen­de deel­ne­mer lui­er na­der en skie­lik breek ’n stem oor die sta­di­on­luid­spre­kers: “Daai is oom Chris, ’n óú o­val­man. En daais ’n óú o­val- kar wat hy nou ’n spin- kar van ge­maak het. Daar­sy, lek­ker oom Chris! Vir ’n ou man ry hy nog­al o­raait, nè? Kyk daai lig­te! Kê­rels, daais ’n le­gen­da­rie­se man!” En dan in die­self­de a­sem: “Ou­ens, die so­sa­ties lóóp! Kom koop vir jou hier by die pienk con­tai­ner.”

Ek fyn­kam die sta­di­on vir die man met die mi­kro­foon. Dis ’n se­ning van ’n ou met ’n John Dee­re-keps laag oor sy oë. Dis Le­on K­ühn, Na­mi­bië se nom­mer t­wee op die o­val- baan, ver­tel ’n lat op die pa­vil­joen my. Maar al­mal noem hom Bo­nes.

Bo­nes praat een stryk deur: “Ronél, ons wil net vir jou dan­kie sê vir die so­sa­ties, jy’s ’n ys­ter. John­ny, vir die wa­ter­lor­rie en… oe, jin­ne, daar kom Ru­di en Dy­lan Roodt nou op! Hou hier­die t­wee broers dop, men­se, hul­le gaan mô­re o­val jaag met ’n kar wat hul­le pa Woens­dag­aand aan­me­kaar ge­sit het. Hul­le werk saam met hul­le pa hier op die baan. Jo­han, die he­le Na­mi­bië waar­deer wat jul­le Roodts vir mou­ter­sport doen.”

Op die Roodt-broers se hak­ke volg ’n glim­pers Nis­san C­hamp – “Heel­tyd Speel­tyd” lees sy ag­ter­flap. Dit stuip­trek oor die baan soos ’n gog­ga wat gif in het. “Jit­te, maar daai Nis­san­tjie speel lek­ker! Dis al­les daai re­ar­w­heel dri­ve…”

Ná hom kom tol nog ’n BMW – hy’t groen lig­te en op die ag­ter­ruit staan “NIN­JA”. “Dís mos nou vir jou ’n af­kapBMW! Ons gaan ka­bel­jou vang met hom,” ver­kon­dig Bo­nes oor die luid­spre­kers.

Wan­neer die vlae ná vyf mi­nu­te op­gaan, kom die kar af­ge­hink – die mu­siek blêr, die al­looi­wie­le glim in die sprei­lig­te en die ver­rin­ne­weer­de ban­de lyk soos steek­haar­brak­ke. Maar nie lank nie, dan

‘Mô­re gaan ons hier­die plek op­blaas. Ons gaan Duin 7 met so­wat 2 m ver­skuif.’

kom die­self­de kar weer uit die kui­pe met “nu­we” twee­de­hand­se ag­ter­wie­le vir nog ’n rond­te se af- show.

“Kom, man­ne! Ons wil rook sien! Nog ’n BMW… oe, ma se kin­ners!”

Wan­neer Bo­nes af en toe a­sem skep, spoeg die luid­spre­kers “Gang­nam S­ty­le” uit en op die pa­vil­joen skud die lit­te nou los. “Ek sien die man­ne ge­niet hul­le­self daar op die stand. Maar ou­ens, ons moet net ma­tig wees – ek wil jul­le al­mal mô­re weer hier sien.”

Die vol­gen­de kar se be­stuur­der kan skaars oor die s­tuur sien. “Da­mes en he­re, nou kom my all-ti­me fa­vou­ri­te, Te­ren­ce. Daai man­ne­tjie is der­tien jaar oud. Dis sy oom se BMW daai. Hy’ t net ge­sê te hel hier­mee, hy wil saam met die groot man­ne ry.

“Tan­nie Syl­vi…? Waar’s jy? O, doer sit sy op C­hi­na-draai. Kyk hoe hop daai been! Syl­vi, moe­nie wor­ry nie, hy gaan net ’n bie­tjie rook maak. Sy oom Brandt sit daar langs hom, hý’s nou ’n steun­pi­laar in die mou­ter­sport. A-ta-ta-ta! Kyk hoe wind­gat! Te­ren­ce, knip jy vir jou ma oog?”

Te­ren­ce ant­woord van die baan af met ’n ge­toe­ter. ’n Paar seun­tjies staan oop­mond rondom Bo­nes en kyk hoe Te­ren­ce sy ding doen. “Wil jul­le man­ne­tjies ook een­dag spin?” vra hy en gee vir een die mi­kro­foon: “Wie’s jou pap­pa?” “An­ge­lo,” fluis­ter die seun­tjie. “An­ge­lo!” skree Bo­nes. “Jou laai­tie wil spin, man! Bou vir die kind ’n kar. Ie­mand sal weer ’n Gol­fie rol, dan bou jy vir hom ’n lek­ker o­val track- kar.”

Dan ge­waar Bo­nes ’n be­ken­de op die C­hi­na-draai sit: “Daar’s my ou maat Le­on, van West Co­ast To­wing. Dan­kie, Le­on, vir al­tyd daar wees.”

Ek en Sam smul aan Ronél se ker­rie­so­sa­ties. Een na die an­der kom die be­stuur­ders hul­le toer­tjies wys – Stout­gat, C­lin­ton, Jackie, weer die Roodt-broers...

Dis nie lank nie, toe kry Le­on van West Co­ast To­wing ge­leent­heid om ons te wys hoe hy al­tyd daar is.

’n Kar het dit heel­te­mal oor­doen en hy kan nie af­ry nie – dis net knal­le wat uit die en­jin kom. Die in­sleep­wa kruip na­der en Bo­nes vind dit heel roe­rend: “Kyk net daar, men­se – e­ni­ge plek in Na­mi­bië, West Co­ast To­wing sal daar wees. Kyk so ’n tow truck… ’n lek­ker Crui­ser.” Die be­amp­tes be­nut die ver­po­sing en tel rats die rub­ber­stuk­ke van die baan af op.

“Da­mes en he­re, ek het nou net ’n man hier ge­had wat sê hy gaan mô­re vir ons gróót spea­kers b­ring – die sy­stem- pie wat ons hier het, is glo nie klank nie. Nee, hy b­ring vir ons spea­kers en mixers én lig­te. Mô­re gaan ons hier­die plek op­blaas! Ons gaan Duin 7 met so­wat 2 m ver­skuif! En ons gaan o­val jaag en spin en braai en non­sens praat en J­ä­ger­meis­ters drink!”

“Ko­maan, Te­ren­ce, bránd hom!” skree die ou hier langs my. Die pa­vil­joen is ra­send. Te­ren­ce is die o­val se won­der­kind. Hy’s nou in ’n Nis­san en toe die ty­re klip­hard pop, gooi die ou sy han­de oor sy kop: “Hou vas jou kuif!”

“Daar het nou ’n klomp spring­bok­ke hier an­der­kant ge­hard­loop dat dit klap,” sê Bo­nes lag­gend.

Saam met Dy­lan Roodt gaan ons die kui­pe bin­ne – dis ’n VIP- ge­bied. Dit lyk soos die to­neel van ’n vlie­gramp van al die flen­ters­ge­tol­de ban­de. Een­kant lê daar eg­ter nog ’n berg bruik­ba­res. Toe die kui­pe se hek­ke weer oop­swaai, draf ons saam oor die o­val tot op die rand van die se­ment­baan waar die ak­sie – nou skaars 15 m voor ons – plaas­vind.

’n Goue bak­kie is vol­gen­de. Langs sy flan­ke staan ge­skryf Burn rub­ber, not your soul. Dan ’n blou kar met die slag­spreuk Li­ve li­fe si­de­ways. En wrag­tig – hier’s daai Co­as­tal Spin­ning and Drif­ting-BMW ook wat ons vroeg­aand by die rooi ta­pyt in S­wa­kop ge­sien het!

“Daar’t ons nou vir Grant,” ver­vat Bo­nes sy kom­men­taar. “Men­se, hy het Nar­ra­vil­le se stra­te al op­ge­neuk – hy was ’n spiet­kop se droom. Nou’ t hy vir hom daai lek­ker din­ge­tjie ge­koop en… wag… wie’s dit wat daar ag­ter uit­hang? Te­ren­ce! Is dit jy? Te­ren­ce, jou ma gaan vir jou pak­gee! Geen de­o­do­rant gaan ná van­aand al daai stink rook van jou lyf af kry nie.”

Dy­lan skree bo die ge- rev uit of ons in die vol­gen­de kar wil saam­ry, maar ek bly hom ’n ant­woord ver­skul­dig toe nog ’n ty­re ont­plof en ons vin­nig ons rûe moet draai. Want vir die hoe­veel­ste keer van­aand re­ën dit rub­ber.

WIT­WARM! Janine Ma­nu­el en Da­mi­on van Wyk breek ’n paar har­te met hul­le aan­koms by die Ho­ër­skool Na­mib se matriekafskeid in S­wa­kop­mund.

DIE BMW-BRIEKDANS. Dis Ja­c­ques du P­les­sis van die De­sert Spin­ners wat só oor die baan tol. Van­aand maak hy daai ban­de kláár!

DIE STEM (heel bo). Le­on “Bo­nes” K­ühn is die De­sert Ra­ce­way se gees­ma­sjien. Sou Na­mi­bië se mo­tor­sport ooit die dag op­droog, het hy ’n blink toe­koms as ’n af­sla­er by vee­vei­lings.

LOS EN VAS IN VYF SE­KON­DES (bo). Die De­sert Ra­ce­way se kui­pe is nou nie heel­te­mal so toe­ge­rus soos Hoc­ken­heim s’n nie, maar dié ou­ens ken vanswaai. Voor jy kan sê “spin”, het ’n kar ’n vars stel ag­ter­wie­le op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.