AG­TER­PAD: VAN GROOT­FON­TEIN NA GO­BA­BIS

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS EN FO­TO’S ERNS GRUND­LING

Ry ver­by die Wa­ter­berg (en lang en­te se niks)

As jy die ag­ter­paaie tus­sen Groot­fon­tein en Go­ba­bis volg, gaan jy waar­skyn­lik ie­wers langs die C30 ry – ’n grond­pad vir kop­hou én kop­skoon­maak.

“Ont­hou, die niks groei t­wee voet hoog daar,” het De­on van B­lerk my eer­gis­ter op Groot­fon­tein ver­tel.

De­on – een van die man­ne ag­ter die Groot­fon­tein­skou – het ge­praat van die C30 in die rig­ting van Go­ba­bis waar­op ek tans in ’n ge­huur­de Nis­san Al­me­ra ry. De­on was reg. Hier’s niks. Op hier­die Son­dag­mid­dag in Sep­tem­ber lê ’n vol­le 323 km se mee­do­ën­lo­se grond­pad tus­sen my en Go­ba­bis. En ek het reeds 227 km ge­ry van Groot­fon­tein af, meestal gis­ter.

’n Mens kan mak­lik ro­man­ties raak oor die i­dee van ’n grond­pad wat uit­strek tot op die ein­ders, my­le weg van die hoof­weë. Met ’n don­kie­kar wat op die per­fek­te oom­blik bin­ne jou fo­to in­ge­wiel kom, soos ’n man op ’n mo­ko­ro teen son­on­der op die C­ho­be.

Die C30 is nie een van daai grond­paaie nie, dít weet ek nou. Die skerp mid­dag­lig maak din­ge nie veel be­ter nie. Die om­lig­gen­de land­skap is saai en plat, met vaal gras­sies en do­ring­bo­me weers­kan­te van die pad.

En dis al. Of wag, be­hal­we die niks groei hier ook miers­ho­pe. Die miers­ho­pe staan om­trent op e­re­wag.

Dit is skuins ná t­wee en ek hoop om teen ses­uur van­aand in te val by die Go­ba­bis­skou­grond vir die o­pe­ning van dié dorp se jaar­lik­se land­bou­skou. Die Groot­fon­tein­skou (sien ar­ti­kel op bl. 84) was so­veel p­ret dat ek daar­van­daan wou aan­stoot na nóg ’n skou.

Le­o­nard Co­hen sing “The Fu­tu­re” uit die CD-spe­ler. “I’ve seen the fu­tu­re, brot­her: and it’s mur­der...” Ek hoop hy is ver­keerd. My pro­vi­and is taam­lik skraps: ’n Li­ter wa­ter, ’n bot­tel­tjie Fruitree, t­wee pak­kies Sim­ba-sky­fies en ’n Bar-One. Ek het ’n sterk ver­moe­de die vol­gen­de ka­fee is eers op Go­ba­bis.

Die spoed­perk is 100 km/h, maar ek hou liefs by 85 km/h. Een ding kan ’n mens ge­luk­kig van die C30 en die mees­te an­der grond­paaie in Na­mi­bië sê: hul­le is in ’n be­ter toe­stand as die mees­te teer­paaie in Suid-A­fri­ka.

Ek het gis­ter­og­gend weg­ge­trek by die S­par op Groot­fon­tein, die e­nig­ste su­per­mark waar­van ek weet wat tak­si­der­mie – ’n ka­meel­perd en ’n koe­doe – tus­sen die vleis­rak­ke uit­stal.

Op die D2859 het ek ver­by mie­lie­lan­de ge­ry – die ge­wes­te tus­sen Groot­fon­tein, O­ta­vi en T­su­meb staan as Na­mi­bië se Mie­lie­drie­hoek be­kend. My eer­ste stil­hou­plek was die Ho­ba-me­te­o­riet, die groot­ste en be­kend­ste een op aar­de. Ja­co­bus Her­ma­nus B­rits het dié ruim­te­klip, wat 60 ton weeg en so­wat 80 000 jaar ge­le­de hier neer­ge­stort het – in die 1920’s ont­dek.

Ek was al te­vo­re daar, maar het op­nuut ver­won­derd ge­staan voor dié “spik­kel­tjie stof uit die ruim­te” (soos die pam­flet dit be­skryf).

Daar­na het ek aan­ge­stoot ver­by pla­se – die me­te­o­riet het waar­skyn­lik na­me soos Ve­nus en Ruim­te in­spi­reer – in die rig­ting van die Wa­ter­berg-pla­to­park.

Maar so­wat 90 km voor Wa­ter­berg het ek eers in­ge­loer by die gas­te­plaas Kam­rav en ’n boe­re­kos­mid­dag­e­te ge­niet saam met die vrien­de­li­ke ei­e­naars Toit en Ma­ryna My­burgh.

Gis­ter het ek laat­mid­dag by die Wa­ter­berg-pla­to­park aan­ge­kom en ge­stap tot bo-op die pla­to, net be­tyds vir die sonsondergang. Die Wa­ter­berg bly vir my ’n harts­plek en die uit­sig van die pla­to af is be­son­ders.

Wa­ter­berg is ’n Na­mi­bia Wild­li­fe Resorts- (NWR) oord en hoe­wel par­ty van dié oor­de se in­fra­struk­tuur dik­wels “moeg” voor­kom, was ek aan­ge­naam ver­ras. Die bees­fi­let was uit die boe­ke, die

‘Ek wil ver­skil met die skry­wer van Spreu­ke. Som­mi­ge miers­ho­pe lyk na lui po­gings, af­skeep­werk soos my hout­werk­pro­jek­te op la­er­skool.’

c­ha­let net­jies en die per­so­neel vrien­de­lik. Jy ge­waar ook al­tyd ’n paar mak Da­ma­ra­dik­dik­kies tus­sen die cha­lets.

Vroe­ër van­og­gend het ek dou­voor­dag op ’n be­ge­lei­de wilds­rit bo-op die pla­to ge­gaan en groot trop­pe buf­fels, koe­does en bas­ter­gems­bok­ke ge­sien. Die re­nos­ters was eg­ter soek.

Daai bas­ter­gems­bok­ke was om­trent die laas­te le­wen­de din­ge wat ek ge­sien het. Se­dert­dien – hier langs die C30 – het ek nog nie ’n le­wen­de mens of dier ge­waar nie. Trou­ens, nie eens ’n dooie dier nie.

Nou en dan stop ek om ’n naam­bord af te neem: Ho­ë­veld, Zu­la­na N­gu­ni’s, On­di­ri.

My fo­kus ver­skerp op die miers­ho­pe. Par­ty lyk soos hek­se­hoe­de, an­der weer soos wys­vin­gers.

Ek wil ver­skil met die skry­wer van Spreu­ke. Som­mi­ge miers­ho­pe lyk na lui po­gings, af­skeep­werk soos my hout­werk­pro­jek­te op la­er­skool. My guns­te­ling staan eg­ter pa­raat soos die Taal­mo­nu­ment.

Die oor­blyf­sels van ’n ge­bars­te band, ’n on­her­ken­ba­re ge­roes­te kar­wrak en ’n vlak­vark (uit­ein­de­lik!) is die som­to­taal van my waar­ne­mings teen die tyd wan­neer ek by O­si­re – ’n piep­klein plek­kie – stop. By die Sto­re O­si­re is ’n ou Vyf Ro­se­ad­ver­ten­sie teen die muur ge­verf. Ek sal ’n hoë pre­mie be­taal vir ’n ys­koue S­to­ney, maar die win­kel­tjie is leeg en ver­la­te.

Ek ge­waar wel ’n mens, Sal­ma S­hi­kon­go, wat ewe ver­ras lyk om my te sien.

Sy sê die win­kel se voor­raad is op, sy het wel plan­ne om din­ge op te knap. Waar die klan­te van­daan sou kom, weet nug­ter alleen.

Ver­by O­si­re sien ek meer le­we ag­ter hei­nings: Hier is ’n vlug­te­lin­ge­kamp in 1992 ge­stig om vlug­te­lin­ge van A­fri­ka­lan­de te huis­ves wat deur kon­flik ont­wrig is. In 1998 was hier 20 000 men­se, en in 2014 slegs 3 000, meestal An­go­le­se.

Im­ker­hof – 53 km ver­der – is ook ’n piep­klein ge­hug­gie, ek ry ver­by iets wat soos ’n ou Duit­se fort lyk en glo tot on­langs ’n kin­der­huis en op­lei­ding­sen­trum was.

Ek sien ’n paar mooi plaas­na­me: Hier­om­trent, Pie­ring­klou, F­ries­land en Wol­te­ma­de.

Tus­sen Im­ker­hof en Ho­chfeld staan ’n man en duim­gooi. U­woo S­hi­bi­le­wa wil vir ene He­skia by Ho­chfeld gaan kui­er. U­woo is nie ’n groot ge­sel­ser nie, maar in die ry ver­tel hy hy “werk draad en bees” en woon op die plaas Uit­koms. Dit is vir hom lek­ker en stil hier. “Wind­hoek is o­kay, maar daar is baie tsot­si­man­ne daar­so.”

Dan kom ’n ver­fris­sen­de ver­an­de­ring wat die land­skap be­tref: pla­te blou blom­me­tjies links van die pad. By Ho­chfeld – ’n pe­trol­sta­sie, win­kel­tjie en ’n k­lein lod­ge – laai ek vir U­woo af.

Hy en He­skia staan en klets on­der ’n boom. Die pe­trol­pom­pe is ver­la­te, maar ek sien ’n sel­foon­nom­mer teen een ge­plak.

Lyk my hier bel jy die pe­trol­jog­gie om jou te help. Ek het da­rem nog ge­noeg pe­trol in die Al­me­ra.

Ek het vroe­ër S­tein­hau­sen op die kaart ge­sien, maar ry dit heel­te­mal mis. Die laas­te 100 km is pu­re Ka­la­ha­ri, die grond­pad word diep­rooi.

Ek ry nou bees­wê­reld bin­ne, Go­ba­bis staan hoe­ka as “Litt­le Tex­as” of som­mer “Die Wil­de Oos­te” be­kend. Hier is ook meer wild­le­we, ek sien ’n paar koe­does en moet mooi kop­hou vir ka­mi­ka­ze-vlak­var­ke, en ta­ren­ta­le en fi­san­te wat teen ef­fen­se voor­oor­hel­lings oor die pad draf.

Bui­te Go­ba­bis tref ek T­heo Re­de­ling­huys – ei­e­naar van die Toyo­ta-a­gent­skap op die dorp – en ’n groep vrien­de aan wat lui­lek­ker braai langs die pad. Hul­le is ook op pad skou toe.

Die C30 ein­dig by die Swart-Nos­so­b­ri­vier waar ek uit­ein­de­lik Go­ba­bis bin­ne­ry. Ek trek af by die be­ken­de Brah­man-stand­beeld in Go­ba­bis. Die laas­te son­lig val oor dié i­koon van “Catt­le Coun­try”.

Die C30 sal nooit ’n toe­ris­me­roe­te wees nie. Ek dink ook dit is sel­de meer be­dry­wig as op ’n Son­dag­mid­dag. Maar dit was goed om tyd op hier­die grond­pad te ver­wyl.

En dit is goed om te weet daar is nog sul­ke weg­kruip­paaie, waar die niks heel we­lig groei.

Vir bly­plek­ke rondom Groot­fon­tein, sien bl. 121; Wa­ter­berg bl. 122; Go­ba­bis bl. 112.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.