4X4 NAMIBDUINETOER

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS SOPHIA VAN TAAK FO­TO’S SAM R­EIN­DERS

Sophia van Taak en Sam R­ein­ders be­ant­woord die roep­stem van die woes­tyn

As dit nie vir di­a­man­te was nie, het die mens­dom dalk nooit in die Na­mibwoes­tyn be­lang ge­stel nie. Maar dank­sy die blink klip­pies is daar ’n spoor deur dié wil­der­nis ge­breek waar­langs ’n mens dees­dae te­rug na die ge­skie­de­nis kan toer, en ook die wérk­li­ke skat­te van die woes­tyn kan ont­dek.

‘ “WAAR­SKU­WING Straf £500 of een jaar ge­van­ge­nis­straf. Die pu­bliek word ge­waar­sku teen oor­tre­dings in die ver­bo­de di­a­mant­ge­bied son­der per­mit­te.” In A­fri­kaans, En­gels én Duits word ons ge­sê om nie ’n tree ver­der te gee nie.’

Ons staan so­wat 30 km noord­wes van Aus voor ’n ou bord in die S­per­rge­biet. Ons het nou-nou ver­by die woes­tyn­per­de se wa­ter­gat by Ga­rub ge­ry. Hier­die uit­hoek van die S­per­rge­biet is dees­dae deel van die Na­mib-Nau­kluft­na­si­o­na­le park, en met ’n kon­ses­sie­hou­er in die groep mag ons wet­tig ver­by hier­die bord­jie ry. Dié uit­stap­pie is min be­sko­re en die ter­rein wat ons gaan ver­ken, voor­spel groot a­von­tuur.

In die kon­vooi van ses voer­tuie is ek en Sam die e­nig­ste vroue. Die toer­lei­er is Ar­ra (Ar­mand) Bas­son van I Dre­am A­fri­ca Ad­ven­tu­res in ’n Land Crui­ser 4.5 li­ter EFI, en tus­sen hom, sy reg­ter­hand, Nes­sie Ka­ku­tu, en Muis von Wiel­ligh (in ’n Toyo­ta Hi­lux D4D-dub­bel­ka­juit) moet hul­le ons oor vyf dae in Wal­vis­baai be­sorg. Die res van die ge­sel­skap be­staan uit Giel Mul­ler en Ni­co Roets van Jo­han­nes­burg (in ’n Ford Ran­ger 3.2 li­ter), Wim Prins­loo en sy seun, S­te­ve, van Aus (in ’n Ford E­ve­rest 3 li­ter Tdi), Wind­hoe­kers O.J. Eng­ling en Hel­mut Grass­rei­ner (Pra­do 3 li­ter D4D-die­sel) en Harry Ki­rch­ner – ook ’n toer­o­pe­ra­teur – en sy hel­per, Pe­pe T­ji­su­ta (V8 Land Crui­ser-sta­sie­wa).

Die mees­te van die ou­ens ken me­kaar uit hul­le weer­mag­dae of van raak­loop ie­wers langs die pad. (Dit voel al­tyd vir my as­of die gan­se Na­mi­bië me­kaar ken.)

Die res van ons maak oor die twee­rig­ting­ra­dio’s be­ter ken­nis en so tus­sen­deur deel Ar­ra sy ken­nis van die om­ge­wing: Die ron­de berg waar­by ons nou ver­by­ry, se naam is Dik­ke Wil­lem – die Duit­sers het ’n he­li­o­graaf­sta­sie teen sy hang ge­had. Die hel­der­groen plan­te langs die pad is melk­bos – gif­tig, bui­ten vir re­nos­ters en gems­bok­ke. Daai ste­kel­ri­ge bos­sies is vol­struis­slaai en doer staan lang­been­boes­man­gras.

Ie­mand vra iets oor die fai­ry ci­r­cles wat om ons be­gin uit­slaan en die ra­dio gons van die te­o­rieë: Ter­mie­te wat al­le plant­ma­te­ri­aal in ’n se­ke­re ra­di­us bo hul­le nes­te af­kou en in hul­le ton­nels weg­dra, on­der­grond­se gas­se wat ont­snap, Mars­man­ne­tjies wat kom do­nuts gooi…

Dis nog maar vroeg en reeds lyk die kaal land­skap soos ’n pot vla wat staan en prut. In die voor­ruit skuif die Na­mibwoes­tyn se hoe­ki­ge kim al hoe na­der.

An­der­kant Koi­cha­bpan (waar L­ü­de­ritz sy d­rink­wa­ter uit boor­ga­te kry) stop ons in die laas­te ka­meel­do­ring se ska­du vir ont­byt­toe­brood­jies maak. Dan is dit tyd vir ban­de af­blaas en hubs vas­draai en Harry se sta­sie­wa breek die spoor oor die eer­ste, amp­te­li­ke duin. Van die ou­ens is nie so er­va­re in duin­ry nie, maar Harry se rus­ti­ge aan­wy­sings oor die ra­dio hou die kon­vooi mooi aan die be­weeg.

“Hier kom ’n dip­py… Ver­sig­tig vir daai slip fa­ce na regs… Giel, is dit jy hier ag­ter my? Laat ek ’n bie­tjie weg­kom voor, dan vat jy ’n aan­loop vir hom…” Giel stoot self ’n ent te­rug – hy wil se­ker maak hy kom met die eer­ste pro­beer­slag oor die duin hier voor ons.

“Giel, jy kan maar kom,” praat Harry van die an­der kant af. “Giel, ek sien jou nie kom nie…” Maar Giel stoot steeds te­rug, hy wil sé­ker maak. “Giel? Ont­hou, bet­ter do it o­ver than o­ver­do it,” hoor ons weer vir Harry. “Waar het jy nou jou aan­loop loop vat?”

“Nee, smaak my op die Oos-Ka­la­ha­ri­grens,” ant­woord ie­mand droog.

Maar dan laat waai Giel mooi in Harry se spo­re en sy Ford Ran­ger glip moei­te­loos oor die kruin.

“Daar­sy, doek­sag,” sê Ar­ra te­vre­de hier langs my.

So gaan dit vir ure, duin op en duin af. Aan­vank­lik dop my maag om el­ke keer as ons oor ’n hoë kruin tiep en teen die slip fa­ce af­kruip. Maar dan be­gin dit lek­ker

‘Die my­ners het vir vroue ge­vra, maar toe die eer­ste klom­pie aan­kom en sien hoe dit hier lyk, het hul­le ge­wei­er om van die boot af te klim.’

raak, tot­dat Ar­ra skie­lik ’n U-draai gooi en die vol­gen­de duin in re­ver­se be­storm. Hy grin­nik vir my ver­skrik­te ge­sig. “Ek kyk net of jy nog wak­ker is.”

Ek wil al ja­re lank die Na­mib sien – nie die oor­be­volk­te toe­ris­te­dui­ne by Sos­sus­vlei nie, die rég­te Na­mib. Dis ’n ge­heim­sin­ni­ge land­skap dié, ’n oer­plek. Hier duur ’n droog­te ’n mil­joen jaar, en dit suig die laas­te sap­pig­heid uit al­les – tot­dat net dít wat reg­tig nood­saak­lik vir le­we is, oor­bly.

Ek en Sam het plek­ke om­ge­ruil – sy ry nou saam met Ar­ra en ek is by Muis en Nes­sie in die ag­ter­hoe­de. Nes­sie wip uit en haak ’n tou om Giel se Ran­ger se sleep­hak. Ter­wyl “Rui­ter van die wind­jie” jo­lig in Muis se bak­kie speel, sleep ons vir Giel in ’n jap­trap uit. Dis nie die eer­ste uit­sleep van die dag nie en se­ker­lik ook nie die laas­te nie. Ons koers is rof­weg noord­wes – see toe – en daar’s geen haas nie.

Muis vroe­tel met sy iPod en Tra­cy C­hap­man knip vir Bles kort. “Die dui­ne raak nou al hoe wil­der,” waag ek.

Muis snork. “Wag maar, jy sal sien – nou-nou is die kerk uit.”

En hy’ t ook nie ge­jok nie. Toe ons weer ’n slag­gie stil­hou vir be­ne rek, is my kneu­kels wit van vas­klou.

“En nou, Hella, dat jy so een­kant sit?” Hel­mut sit tjoep­stil in O.J. se Pra­do voor hom en uit­t­uur. “Ek bid vir ’n pou­se.”

Ons kamp dié aand in ’n laag­te­tjie om­sin­gel deur die woes­tyn. My kop is vol van al­les wat ons die dag be­leef het: Die sil­hoe­ët van gems­bok­ke wat soos brand­wag­te op die duin­mu­re staan; brul­sand on­der die bak­kie se ban­de; die Na­mibduin­ad­der wat kod­dig sy­waarts pad­gee…

Dit voel as­of ons ge­sel­skap in slegs een dag ge­reis het uit ’n om­ge­wing waar re­ëls geld na ’n vreem­de ge­wes­te waar an­der din­ge be­lang­rik is.

Harry en Pe­pe is be­sig met ’n spring­bok­pot oor die ko­le. Ar­ra sit half­pad teen ’n duin uit en huis toe bel op sy sa­tel­liet­foon. Die Wind­hoek-Duit­sers raak vro­lik en kort voor lank dans die vlam­me op die maat van hul­le volks­lied­jies. En steeds pro­beer Tra­cy C­hap­man uit Muis se bak­kie mee­ding: “Gim­me one re­a­son to stay he­re, and I’ll turn rig­ht back a­round…”

Mak­lik, Tra­cy, mak­lik.

Wie trap nou eint­lik in wie die diep­ste spoor?

Hoe lui die ge­seg­de nou weer? Boys will be boys. Gooi nou boon­op groot, en­jin­aan­ge­dre­we toys by, dan kry jy ’n klomp ou­ens wat bal­da­dig met hul­le brul­len­de bak­kies oor sand­dui­ne jaag.

Maar dis ook een van die re­des hoe­kom men­se hier­heen kom – om 4x4’s wat heel­jaar lank met sy­paad­jie klim te­vre­de moes wees, ’n slag vrye teu­els te gee.

Maar daar is re­ëls: Jy bly in die kon­vooi se spoor – ver­al in die “stra­te” tus­sen dui­ne, waar die wind nie so ge­reeld raak­vat nie en die twee­spoor vir maan­de nog bly lê. En oor ’n sout­pan ry jy nooit nie. Maar bo, teen die krui­ne, kan jy maar vet­gee en es­se gooi – die vol­gen­de og­gend is daar nie ’n te­ken van die ma­ne­wa­les nie.

Die man­ne is so uit­ge­la­te soos seuns. Al­mal terg me­kaar oor hul­le 4x4-ver­nuf, die Boe­re speel Da­vid Kra­mer oor die ra­dio, waar­op die Duit­sers dan ant­woord met hul­le volks­vreem­de pop.

Ek pro­beer my lyf slap hou, maar dit help nie – nóg die roe­te, nóg die be­stuur­der is voor­spel­baar en ek be­gin – soos Hel­mut – vir ’n pou­se te bid.

Wan­neer ons uit­ein­de­lik stop om iet­sie te eet, ver­gaap ek my aan die ryk o­ker­kleur van die woes­tyn wat o­ral om ons deur die pa­tro­ne van mi­ne­raal­stof ver­sier word. Dit draal kar­te­lend deur die boon­ste sand­laag, soms soos rook uit ’n kers­pit – swart il­mi­niet mag­ne­tiet, maar ook roes­rooi gra­naat, sil­we­ri­ge mi­ka…

Het die di­a­mant­soe­kers van ouds ook al hier­die mooi raak­ge­sien toe hul­le hier ver­by is, of was die woes­tyn vir hul­le bloot ’n las­tig­heid in hul­le soe­ke na sy skat­te?

Het hul­le ooit die lou­warm sand sta­dig deur vin­gers laat sif en be­sef dat waar­skyn­lik geen an­der mens ooit weer hiér­die hand vol gaan skep nie? Of het fron­sen­de oë toe reeds die ge­woon­te ge­had om fyn te kyk vir iets blinks tus­sen die kor­rels?

Die kon­vooi trek nou na­by die Hau­ga­ben Uri Hau­gab­berg en toe ons weer oor ’n duin kom, strek ’n vlak­te hier voor oop – Bush­man’s Pa­ra­di­se, ’n pan met ’n hoë rif gra­niet­knoet­se aan sy oos­te­kant.

‘Die ryk rooi van die dui­ne raak ’n al lig­ter ska­ke­ring tot­dat ons bo-op ’n duin uit­dop en daar is sy – die skit­ter­blink At­lan­tie­se O­se­aan.’

Die bak­kies bly op ’n spoor aan die voet van die gra­niet­rant langs, tot by ’n be­skut­te in­ham – van­aand se kamp­plek.

Teen laat­mid­dag ry ons op tot bo-op die rant vir ske­mer­kel­kies. Ek kyk hoe die woes­tyn­wind ’n gras­pol­le­tjie al in die rond­te om­wen tot­dat die halms fyn sir­kel­spoor­tjies in die sand trek. Oor­kant die pan waai­er ’n wolk sand van ’n duin se kruin los.

En net daar, skuins ná se­we op ons twee­de dag in die woes­tyn kry ek daar­die Na­mi­bië-ge­voel oor my: die vol­heid van die Groot Leegte wat in­skop.

Noord­we­s­waarts Na­mab toe

In hier­die dui­ne­wê­reld weet ek lank­al nie meer waar ons is nie, maar Ar­ra be­lo­we: “Van­dag ry ons tot by die see,” en trek in­ge­dag­te die roe­te op die GPS-skerm­pie met sy vin­ger na.

Ek sien ’n paar sil­wer­vos­sies wat op­ge­krul on­der hul­le dik wol­ster­te teen die woes­tyn­wind lê en skuil. Die an­der ge­waar hul­le ook en die ver­skil­len­de na­me kom oor die ra­dio: Ca­pe fox, kap­fuchs, draai­jak­kals…

“Wat’s ’n spring­haas in En­gels?” wil ie­mand by Sam weet. En sy laat nie op haar wag nie: “It’s a bon­zai kan­ga­roo!”

Die ryk rooi van die dui­ne raak ’n al lig­ter ska­ke­ring tot­dat ons bo-op ’n duin uit­dop en daar is sy – die skit­ter­blink At­lan­tie­se O­se­aan. Hier’s nie ’n soom­pie melk­hout­bo­me nie, nie ’n ge­typoel of ’n strand­sam­breel, of hond aan ’n hals­band in sig nie. Dit is net die aar­de en die see wat kaal voor me­kaar staan – Die Skep­ping, dag 3.

Ek kan lank hier sit en staar, maar die man­ne is haas­tig – hul­le wil nog van­mid­dag ’n paar steen­bras­se of selfs ’n ka­bel­jou uit­trek vir aand­e­te.

Ons gly teen die Na­mib se sy af tot on­der teen die wa­ter en gee dan vet strand­langs, Na­mab-kamp toe.

Dié per­ma­nen­te tent­kamp ’n ent­jie suid van Me­ob­baai word deur ver­skeie toer­o­pe­ra­teurs ge­bruik en die in­wo­nen­de kamp­op­sig­ters, A­lex Koot­jie en sy seun, T­jo­kos, stook al die vuur.

Was dit al­les dan net ’n droom?

Die ge­ruis van bran­ders maak my wak­ker.

Maar ek is traag om op te staan – dis lek­ker snoe­sig hier in die ske­mer­te van die tent, ek kan klaar hoor hoe die wind daar bui­te baklei.

Daar’s ’n stem by die tent­flap – Nes­sie b­ring soos klok­slag sog­gens kof­fie. Dis ’n luuk­se waar­aan ’n mens ge­woond kan raak, dít so­wel as die Na­mab-kamp se an­der ge­rie­we: bed­dens, warm stor­te, ’n ge­sel­li­ge la­pa met ta­fels waar­om tot laat

ge­kui­er word. Die plek is om­trent ’n laas­te sta­ning in die woes­tyn.

Daar­van ge­praat… Van­dag gaan ons die bit­ter­ein­der-myn­dor­pies ver­ken. Maar eers ry die kon­vooi na ’n plek met ver­steen­de dui­ne toe en draai op pad soon­toe af na Ar­ra se Gat – t­wee mas­sie­we dui­ne met ge­vaar­li­ke hel­lings en ’n moe­wie­se diep duik tus­sen hul­le. In­ti­mi­de­rend, maar hoe­kom nou juis Ár­ra se Gat?

Daar’s eg­ter nie nog tyd om dít te vra nie. Ar­ra skeur oor die eer­ste duin se ron­de kruin en aan die an­der­kant af. My bin­ne­goed slaan bol­le­ma­kie­sie. My to­ne gra­we in die rub­ber­mat­jie in. Die naald klim ver­by 140 km/h. Ons s­lat die on­der­punt hárd. Die twee­de duin is só steil, ek kan net ’n sand­waas voor my sien. Ek sit vas­ge­pleis­ter teen die sit­plek, die en­jin skree. As ons daai hel­se skerp kruin nou teen dié s­poed gaan tref… Skie­lik spat blou lug voor die bak­kie op. Dis dan nou dit, skiet dit deur my kop. Koe­baai, wê­reld.

Ek knyp my oë toe en word teen die deur vas­ge­slin­ger. Die sit­plek­gor­del tril hier in my oor soos dit styf­ruk en my mil­li­me­ters van die voor­ruit af vang. Ek wag vir die slag…

Maar dit kom nie. Ar­ra het, ter­wyl ons die kruin oop ke­tels be­storm, ’n knap U­draai ge­gooi en nou jaag ons weer met ’n mal vaart te­rug deur die duik.

Toe sy Crui­ser langs die an­der bak­kies stil­hou, pro­beer ek ’n dap­per glim­lag uit­wurg, maar dit suk­kel. Asseblief, vat my nóú na die ver­steen­de dui­ne – ek kort drin­gend iets wat vir baie lank glad nie be­weeg nie.

“Nee kyk, as jy iets ge­doen wil hê, vra ’n Duit­ser,” sê Muis. Ons is by Fis­chers­brunn, ’n fon­tein na­by Me­ob­baai waar die di­a­mant­jag­ters hout­va­te wat soos wie­le kon rol kom vol­maak het so­dat mui­le die wa­ter na die kleims toe kon sleep. Hul­le het ook wrag­gies be­sproei­ing aan­ge­lê, groe­nte­tui­ne ge­maak en vye- en per­ske­bo­me aan­ge­plant.

Nog ’n wa­ter­bron was by Con­cep­ti­on Wa­ter, na­by die Con­cep­ti­on­baai-lan­dings­plek. In 1913 is ’n pyp­lyn van 80 km tus­sen die t­wee bron­ne en die myn­dor­pies aan­ge­lê en daar­voor is 350 ton pyp uit Duits­land in­ge­voer.

Ons gaan draai ook by Me­ob­baai, hier lê nog ou hout­skui­te rond. Jy kan Hol­lam se Vo­ël-ei­land van oor die wa­ters sien – ’n flen­ter­tjie land waar die De­ne ’n wal­vis­sta­sie ge­had het. Die strand wat van­dag nog vol wal­vis­been­de­re lê wat by die sta­sie bloot in die see te­rug­ge­gooi is, gee die plek ’n ma­ka­be­re at­mos­feer.

By al t­wee lan­dings­plek­ke doem ge­hug­gies uit die og­gend­mis op – ’n po­li­sie­sta­sie, doe­a­ne­kan­toor… Ver­rin­ne­weer en ver­we­se. Die ge­wel­di­ge af­son­de­ring moes hel ge­wees het.

“Die my­ners het vir vroue ge­vra, maar toe die eer­ste klom­pie aan­kom en sien hoe dit hier lyk, het hul­le ge­wei­er om van die boot af te klim,” ver­tel Ar­ra. “Maar toe kry hul­le ’n plan… toe ’n twee­de boot vol vroue op­daag, het die my­ners ’n ry vu­re op die strand ge­maak en ge­kon­kel dat die kap­tein eers ná don­ker na­der­vaar. Van ver af lyk Me­ob toe soos ’n groot dorp en die vroue kom niks­ver­moe­dend aan wal. En daar vaar die boot weg voor hul­le kan be­sef wat aan­gaan!”

Die stuk­kie aar­de tus­sen Me­ob- en Con­cep­ti­on­baai is ’n eeu ge­le­de van hoek tot wal ge­fyn­kam vir di­a­man­te. Ons volg die ou myn­pad ver­by klip­sta­pels wat die kleims uit­ge­merk het. Lang en­te van die wa­ter­pyp­lyn is steeds sig­baar tus­sen die dor­pies Hol­sa­tia, C­har­lot­ten­fel­der en G­ril­len­ber­ger.

Van eers­ge­noem­de is daar min oor bui­ten oop­ge­waai­de mens­ge­raam­tes, die on­ge­luk­ki­ges wat hul­le hier dood­ge­swoeg het om ein­de­lik – son­der ’n en­ke­le di­a­mant in die vuis – na die hier­na­maals te ver­kas.

By C­har­lot­ten­fel­der staan A-raam­hut­te waar­in die He­re­ro- en O­vam­bo­ar­bei­ders ná ’n dag van woes­tyn­sand in die ver­blin­den­de hit­te fyn­kam, kon gaan lê. Siw­we wag in ne­tjie­se rye ge­dweë op nog ’n werks­dag; van die dak­nok­ke af skel kraaie ons uit hul­le koek­sel­nes­te van blou­draad ge­bou.

By G­ril­len­ber­ger staan die bal­ke van iets wat soos ’n stoor lyk nog. In ’n werks­win­kel lê ge­reed­skap, boe­ke, glas­bot­tel­tjies en spy­kers rond.

T­wee os­se­wa­ens staan een­kant, die

ys­ter­ba­ne om die vel­lings is op­ge­roes, die hout­spe­ke is ver­bleik en ge­bars.

Hier het pro­spek­teer­ders nog sit en dag­lo­ne uit­werk, of ’n krui­wa se wiel ge­o­lie, toe die ty­ding hul­le een mid­dag in No­vem­ber 1914 be­reik: Dis oor­log in Eu­ro­pa en de laas­te weer­ba­re man moet hom na S­wa­kop­mund haas – Duits­land het haar seuns no­dig.

Al­les is net so ge­los – tot 1920, toe Gre­at Na­ma­qua Di­a­monds die reg­te koop. In 1924 s­melt dit saam met Col­mans­kop Di­a­monds, gro­ter ma­sji­ne­rie word in­ge­bring en ver­al C­har­lot­ten­fel­der brei vin­nig uit. By Me­ob­baai o­pen ’n bak­ke­ry; ’n paar vrag­mo­tor­tjies ver­vang die os­se­wa­ens, Con­cep­ti­on­baai kry ’n pos­kan­toor, G­ril­len­ber­ger ’n sie­ke­boeg.

Maar in 1930 stort die New York­se Ef­fek­te­beurs – en daar­mee saam die di­a­mant­mark – in duie.

Teen Fe­bru­a­rie die vol­gen­de jaar was hier nie meer ’n en­ke­le pro­spek­teer­der oor nie. Soos hul­le daar­die dag hier weg is, so staan al­les steeds.

’n Stuk­kie van jou bly hier ge­strand

Ek kry nie my skoe­ne nie, ek’t hul­le vyf dae laas ge­sien. Sou ek hul­le dalk ie­wers on­der ’n bak­kie­sit­plek vind, sal dit ook ver­keerd voel om hul­le aan te trek. Net soos dit ver­keerd voel om van­dag te­rug te ry be­ska­wing toe.

Die pad van die Na­mab-kamp af oor Sand­vis-ha­we tot in Wal­vis­baai voel gans te kort.

Ons sien vir ou­laas nog ’n mo­nu­ment van die di­a­mant­tyd – die wrak van die E­du­ard Bohlen II.

Ons ry see­langs ver­der ver­by ’n swet­ter­joel rob­be tot by die laas­te a­von­tuur – Lan­ge Wand. Hier staan dui­ne met ’n hel­ling van by die 150 m met hul­le voe­te in die see. Die bran­ders breek let­ter­lik teen die on­der­punt van die slip fa­ce, van ’n strand is daar geen spra­ke nie. En dis waar ons nou moet deur – tus­sen die dui­ne en die diep blou see.

E­ni­ge Na­mib-toer­lei­er sal jou >

ver­tel ’n mens kan die 15 km on­der Lan­ge Wand langs slegs met laag­wa­ter aan­durf, dan kan jy da­rem sien waar jy ry en daar’s ’n bie­tjie har­de sand vir die voer­tuie om op vas te trap. Hoog­wa­ter is om 3 nm., dis nou 2.45 nm. Ar­ra re­ken eg­ter ons kan dit nog maak.

Met sy lin­ker­spoor in die sag­te, om­ge­kar­ring­de see­sand en sy reg­ter­spoor teen die uit­ge­kal­we duin jaag Ar­ra teen Lan­ge Wand langs. Die bran­ders klap hier teen my deur, maar ek kyk nie vir hul­le nie. Ek draai net stil­le­tjies my ruit op. ’n Ent­jie vo­ren­toe stamp die see Muis se bak­kie se gat heen en weer, ek sien hoe Sam die ven­ster­raam vas­gryp.

Ek loer vir Ar­ra – sy een oog kyk voor, die an­der hou die bran­ders dop soos hy ’n reeks gro­tes tel, ’n bie­tjie te­rug­hou en dan weer laat spat so­dra die laas­te een te­rug­trek. Sla­pen­de rob­be gee ver­vaard pad en dan moet ons skie­lik skerp rem vir… nog ’n s­keeps­wrak!

Dis die S­ha­w­nee wat in 1976 hier ge­strand het. Die bran­ders het hom le­lik ver­niel, maar die brug is nog in een stuk en in die ver­by­mik, sien ek ’n oor­bluf­te jak­kal­sie uit­loer.

Die woes­tyn­man­ne weet net hóé en dis nie lank nie, toe’s ons deur. Ek sal eg­ter son­der om ’n oog te knip om­draai en dit weer doen as dit sou be­te­ken dat ek nog ’n laas­te keer bo-op ’n duin kan gaan sit met my to­ne wat soos ak­ke­di­s­sies on­der die sand in­kruip.

Ek wil in G­ril­len­ber­ger se dak­lo­se sie­ke­boeg gaan lê en pro­beer voel hoe dit is om d­rie maan­de lank te wag dat ’n dok­ter kom. Ek wil op die rom­mel­ho­pe langs bees­ho­rings hurk en won­der hoe­veel vrag­te hul­le ge­diens­tig moes kar­wei.

En ek wil tog maar my hand teen die bin­ne­kant van ’n sif langs s­tuur – dalk het daar ie­wers e­ne­tjie bly vas­sit...

’N AN­DER SOORT E­DEN (oor­kant­ste blad). Bush­man’s Pa­ra­di­se is dalk nie ’n lus­hof nie, maar dié pan in die Na­mib is net so be­koor­lik soos daai ver­bo­de ap­pel. HY RY DIE WIT WAKS UIT ’N DUIN! Gee hom net sy ge­troue groen Land Crui­ser, Ou Neeuf, en Ar­mand Bas­son vat jou op ’n hol­der­ste­bol­der woes­tyn­toer wat jy nooit as te nim­mer sal ver­geet nie!

ONT­HOU JY DAAI KEER TOE... Die Na­mab-tent­kamp se braai­la­pa kan ge­tuig van me­ni­ge laat­aand­kui­er­tjies vol grap­pe, her­in­ne­rin­ge en spek­skie­te­ry.

’N NUK­KE­RI­GE KUS. Op die og­gend van 5 Sep­tem­ber 1909 was die mis net te dig vir die stoom­skip die E­du­ard Bohlen II (op pad van S­wa­kop­mund na Ta­fel­baai) en sy het – da­rem son­der e­ni­ge le­wens­ver­lies – ’n sand­bank ge­tref. Die ge­meu­bi­leer­de boot het, ná et­li­ke mis­luk­te po­gings om haar weer na oop wa­ters te sleep, vir ’n tyd ge­dien as woon­kwar­tie­re van een van die myn­maat­skap­pye se werk­ne­mers.Meer as ’n eeu la­ter lê sy nou ’n he­le paar hon­derd me­ter land-in soos wat die dui­ne haar oor die woes­tyn “dry­wend” hou. En dees­dae is die e­nig­ste te­kens van le­we die af­ge­kou­de ro­brib­bes wat die jak­kals­nes rondom die roer ver­vuil.

TYD IN ’N BOT­TEL. Die i­tems wat ’n mens in die myn­dor­pies aan­tref, lyk soos iets uit ’n tyd­kap­su­le – ou­tyd­se me­di­sy­ne­bot­tel­tjies en skaal­ge­wig­gies wat dalk selfs vir die af­meet van di­a­man­te ge­bruik is.

NÓÚ MOET JY REM! Dui­ne ry is lek­ker! Ver­al wan­neer die sand al brul­lend hier voor jou bak­kie se neus uit­skuif en die e­le­men­te jou op jou to­ne hou.

VOEL JY IETS PLUK? Steen­bras vang jy hier vlak voor in die sloe­pies met mos­sels aan jou hoek. En die ka­bel­jou byt ook – doer ag­ter die diep­ste bran­der.

HIERT, JOU JAK­KALS! ’n Mens won­der hoe roof­die­re hier kan oor­leef, tot jy die ge­raam­tes sien van rob­be en see­vo­ëls wat me­neer­tjies soos dié ki­lo­me­ters ver die woes­tyn in­ge­sleep het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.