KUL­TUUR: NA­MI­BIË SE GROOT MU­SIEK­FEES

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS EN FO­TO’S ERNS GRUND­LING

Ruk op na Nam­rock!

Nam­rock, Na­mi­bië se groot­ste rock­mu­siek­fees, was ver­le­de jaar tien jaar oud. Die West Nest Lod­ge – tus­sen Wind­hoek en Go­ba­bis – het weer gas­heer ge­speel vir dié lek­ker uit­haak­na­week.

“Kee-ow! Kee-ow!” trom­pet­ter ’n pou sy ap­plous ter­wyl die son sak en die ki­ta­re kerm. Nam­rock het pas be­gin hier by die West Nest Lod­ge.

Al die kern­be­stand­de­le vir ’n puik A­fri­ka­rock­fees is hier: ’n Prop­per­se ver­hoog om­ring deur do­ring­bo­me, ’n swem­bad waar­in jy kan lê ter­wyl jy mu­siek luis­ter, ’n uit­kyk­dek van waar jy die bos­par­ty­tjie kan ga­de slaan, en ’n re­stau­rant met braai­vleis en ys­koue bier wat sorg dat nie­mand hon­ger of dro­ë­keel gaan slaap nie.

Hier is ook ek­stra ver­maak vir kin­ders (en die­ge­ne wat jonk van gees is): mi­ni­gholf, ’n klim­muur en ’n gly­ka­bel.

Die hoof­borg – Ta­fel La­ger – se ba­nier op die ver­hoog lees: “Born and bre­wed in Na­mi­bia.” Só is dit ook met die groe­pe wat hier op­tree: Nam­rock is nét vir Na­mi­bie­se mu­si­kan­te.

By die eer­ste Nam­rock, wat des­tyds in Wind­hoek se Noor­de­li­ke In­dus­tri­ë­le ge­bied ge­hou is, het slegs vyf groe­pe – on­der meer Mug­s­hot Pa­ra­de en Chee­se on Muf­fin – die ki­ta­re laat brul. In 2005 was dít die som­to­taal van Na­mi­bië se rockaan­bod, ver­tel die stig­ter en or­ga­ni­seer­der, Mi­ke Ott. Hy en sy vrou, Ta­nia, is self mu­si­kan­te én aan die s­tuur van die ge- wil­de Wa­re­hou­se T­he­a­t­re in Wind­hoek.

Tien jaar la­ter, by Nam­rock 2014, is daar 23 groe­pe – wat gen­res soos reg­gae, he­a­vy me­tal en selfs boe­re­mu­siek in­sluit.

“Jy moet i­ni­si­a­tief neem en din­ge laat ge­beur,” sê Mi­ke, “ons mu­siek­to­neel is waar Suid-A­fri­ka s’n so­wat 15 jaar ge­le­de was. Maar din­ge be­gin kook...”

Nam­rock is ook ’n broei­kas vir nu­we groe­pe – soos Trip­pin’ on Ca­bles – wat spe­si­fiek by­me­kaar­kom om by dié rock­fees op te tree. En ge­ge­we Na­mi­bië se k­lein be­vol­king help mu­si­kan­te me­kaar ge­reeld in die ver­skil­len­de groe­pe – ver­al trom­spe­lers, klaar­blyk­lik, want ’n paar groe­pe hier het die­self­de trom­spe­ler.

“Al­mal ken al­mal. En som­mi­ge van ons het al me­kaar se gi­r­lf­riends ge- da­te,” sê Ta­nia lag­gend. (Sy en Mi­ke is al­bei bas­ki­taar­spe­lers, in ver­skil­len­de groe­pe.)

“Par­ty bands be­gin en ná ’n ruk raak die ou­ens ’n bie­tjie kwaad vir me­kaar en be­gin dan nu­we bands. Maar dit gaan net oor die mu­siek, groot­liks. En die bier.”

Hul­le voel Nam­rock móét ’n eks­klu-

sie­we plat­form vir Na­mi­bie­se groe­pe bly. “Suid-A­fri­kaan­se bands na­der ons ge­reeld en ons re­ël graag vir hul­le ’n gig in Wind­hoek, maar hul­le gaan nie by Nam­rock speel nie. Be­hal­we as ten min­ste d­rie van die le­de in die groep in Na­mi­bië groot­ge­word het, soos die blu­es­groep C­rimson Hou­se,” sê Ta­nia.

Die mees­te fees­gan­gers maak van­weë die af­stand uit Wind­hoek (West Nest Lod­ge is 170 km van Wind­hoek) ’n na­week hier­van en slaan tent op in die kamp­ter­rein (hier is ook cha­lets en luuk­se ten­te). Vir par­ty is ’n twee­man­tent­jie langs ’n Ci­ti Golf vol­doen­de. An­der het ’n ou skool­bus pers ge­verf, her­doop tot die Pur­ple Turt­le, en hou ka­juit­raad met koel­bok­se on­der ’n styf­ge­span­de ga­ze­bo.

As ’n Op­pi­kop­pi-mu­siek­fees­ve­te­raan is dit vir my vet p­ret om te sien hoe die Na­mi­bi­ërs hul­le pas­sie vir mu­siek uit­leef.

Hier is slegs ’n stuk of 500 fees­gan­gers, maar dit help om ’n u­nie­ke at­mos­feer en ge­sel­lig­heid te skep wat jy nie meer by die groot rock­fees­te kry nie. Dit voel am­per as­of jy by ’n ga­we huis­par­ty­tjie met ’n lek­ker klank­baan be­land het.

Voor The Fa­te of Miss H (met die ta­lent­vol­le voor­san­ger Heather Dennis) se en­co­re pleit die ki­taar­spe­ler by die ge­hoor: “Jam­mer, ek het my lyf rock star ge­hou en my plek­trum van die ver­hoog af ge­gooi. Kan ie­mand dit asseblief vir my vind?”

Ek ge­niet ook The Hunt for Hig­her Ground, wat in­stru­men­te­le me­tal speel, en Rus­hour met die 68-ja­ri­ge Klaus Ren­nack aan die spits. Klaus was en­ke­le ja­re ge­le­de nog ad­junk­hoof by die Duit­se skool in Wind­hoek. “Ek ge­niet dit om met die jong­men­se mu­siek te maak,” ver­tel hy.

By Nam­rock ge­niet al­mal me­kaar se mu­siek, hoe ver­skil­lend dit ook al mag wees – toe die Wind­pomp-boe­re­or­kes speel, lang­arm selfs die roc­kers met ta­toe­ëer­mer­ke om die swem­bad!

Die groot af­stan­de tus­sen Na­mi­bie­se dor­pe is ’n strui­kel­blok vir die land se mu­si­kan­te. Do­a­ne Ma­de­heim van die skit­te­ren­de Bro­wn Pa­per Bag – ’n blu­es­groep uit S­wa­kop­mund – ver­tel hoe moei­lik dit is om te oe­fen as jou or­kes tus­sen Wind­hoek en S­wa­kop woon. “Ons e-pos maar vir me­kaar die chords,” ver­tel hy.

Tus­sen die dan­se­ry en kui­er kry jy ’n blik op ’n k­lein maar ui­ters pas­sie­vol­le groep mu­si­kan­te en hul­le on­der­steu­ners. Soos die fo­to­graaf Chris­tie Keul­der dit stel: “Hier ry jy mak­lik 500 km vir ’n paar­tie. In Na­mi­bië is nie­mand niks nie, al­mal is ál­les.”

T­wee van Na­mi­bië se top­groe­pe is To­ne­tic en Pe­ni­la­ne, wat die Sa­ter­dag­aand op­tree. Laas­ge­noem­de maak al ’n de­ka­de lank mu­siek en het in 2005 by Op­pi­kop­pi op­ge­tree. Pe­ni­la­ne se eer­ste vol­leng­te­al­bum, We­ar it Well, is op­ge­neem deur die Gram­my-be­kroon­de klan­kin­ge­ni­eur Alan Sanderson. Sanderson het al met on­der meer die Rol­ling S­to­nes ge­werk, maar het blyk­baar ge­sê dat géén groep so lek­ker bier kan drink soos Pe­ni­la­ne nie...

“Ek weet nie hoe lyk jou pen­si­oen nie, maar hier gaan ons af­tree!” sê Gert Ver­maak van Wind­hoek hier langs my wan­neer C­rimson Hou­se la­ter hul­le blu­es laat brul.

Gert, ek stem heel­har­tig saam!

OUD NIE KOUD. Klaus Ren­nack (68) sê hy jou van rock saam met jong mu­si­kan­te in Rus­hour, soos hier by Nam­rock bui­te Go­ba­bis. Hy noem sy groep se mu­siek “age rock”.

GOEIE TYE. Rein­hardt Rit­ter (on­der) en t­wee vrien­de het van Wind­hoek af met ’n Ci­ti Golf deur­ge­ry en kom tent op­slaan by Nam­rock. Teen mid­dag­e­te is die swem­bad (regs) by die West Nest Lod­ge waar­skyn­lik die beste uit­hang­plek in die oos­te van Na­mi­bië.

Nam­rock 2015 vind op 28 No­vem­ber plaas in Wind­hoek. Daar’s eg­ter ook vroeg in Mei ’n klei­ner Nam­rock Bush Jam by West Nest Lod­ge. Gaan na die “Ta­fel La­ger Nam­rock Fes­ti­val”blad op Fa­ce­book. Sien bl. 112 vir in­lig­ting oor West Nest Lod­ge en an­der...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.