MEN­SE: JUSTIN JEN­KINS

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS EN FO­TO ERNS GRUND­LING

Kol­mans­kop se laas­te in­wo­ner

Justin Jen­kins van Hen­ties­baai se ca­la­ma­ri-wa­en­tjie staan ge­reeld by skoue reg­oor Na­mi­bië. Vra hom vol­gen­de keer oor Kol­mans­kop, hy was dié spook­dor­pie in die Na­mib se laas­te in­wo­ner...

Wan­neer hy aan Kol­mans­kop dink, glim­lag Justin Jen­kins (64) breed. “Dit was een groot fees!” roep hy uit. Ons staan en ge­sels bin­ne-in sy ca­la­ma­ri-wa­en­tjie by die Groot­fon­tein­skou. Sy vrou, A­let­ta, neem vir ’n ruk­kie alleen die lei­sels ag­ter die kos­bak­ke.

Justin is in 1950 op S­hark Is­land in L­ü­de­ritz ge­bo­re. Sy ou­ers het kort ná die Twee­de Wê­reld­oor­log in Kol­mans­kop gaan woon – sy pa was ’n voor­man by die myn se me­ga­nie­se werks­win­kel en het ook skof­te by die krag­sta­sie ge­werk. Daar is nie meer di­a­man­te ont­gin nie, men­se het op die spoor­weë ge­werk of myn­toe­rus­ting af­ge­breek. Justin ver­tel daar was ook ’n ys-en-koel­drank­fa­briek. Met ’n hand­sen­tra­le se “Nom­mer asseblief” kon jy kon­tak maak met die bui­te­wê­reld.

“Die men­se was een groot fa­mi­lie op Kol­mans­kop,” sê hy oor die so­wat 40 ge­sin­ne wat nog in dié dor­pie se dood­snik­ke daar ge­bly het. “Ek kan nie eens ’n stry­e­ry ont­hou nie. Ou­kers­aand het een huis­ge­sin na die an­der be­gin stap, dan raak die groe­pie al gro­ter, sing Kers­lie­de­re en eet koe­kies. ”

Hul­le huis was langs die ke­gel­baan en dans­saal. “As kin­ders moes ons al­tyd die bal­le vir die groot­men­se te­rug­rol,” sê hy. “Daar was ook ’n kel­der on­der die ke­gel­baan met boe­ke en ou kis­te.”

Hy ont­hou hoe hul­le by “die ou Jood” se win­kel krui­de­niers­wa­re be­stel het, en hy dit dan la­ter met ’n s­lee en mui­le van huis tot huis af­ge­le­wer het. Wa­ter was met die trein aan­ge­ry van Ga­rub af. Bees­te was aan­ge­hou vir die slag­pa­le, en hul­le het el­ke dag vleis by die slag­huis ge­kry. Soms het hul­le in L­ü­de­ritz, 10 km wes, na die bi­o­skoop ge­gaan. Hy ont­hou sy eer­ste A­fri­kaan­se fliek was Dis lek­ker om te le­we, met Al Deb­bo en F­red Bur­gers.

“Ek ont­hou el­ke huis, el­ke ding,” sê Justin. “Die he­le Kol­mans­kop was ons speel­plek. Ons het ’n bin­ne­band op­ge­pomp en hom in sy glo­ry by ’n duin af­ge­rol. Of met fiet­se daar af­ge­jaag.”

Hul­le het dik­wels “nu­we” hui­se ont­dek wat ja­re on­der die sand was voor­dat die wind dit weer oop­ge­waai het. “Ons sou won­der waar die huis van­daan kom. En soms het jy bo-op hui­se se dak­ke ge­loop son­der dat jy dit be­sef. Ons was vrees­loos en het ga­te en ton­nels deur die sand ge­gra­we en soos mol­le rond­ge­kruip.”

Die wind het glo “dag en nag” ge­waai. En as die skool­hoof van die La­er­skool He­le­na van Ryn op L­ü­de­ritz teen tien­uur die og­gend roep “Kol­manskop­pers!” het hy ge­weet: Dis huis­toe­gaan­tyd, die sand­storm kom.

“Hy het so ge­waai dat jy die pad nie kon sien nie. En by die huis kon jy nie eens die hui­se langs jou sien nie. Ek ont­hou die wind se ge­huil – hoe-hoe-hoe – ver­al in die nag.”

Een keer ’n maand was stoot­skra­pers in­ge­span om die sand langs die in­wo­ners se hui­se – wat teen daar­die tyd ge­lyk was met die ven­sters – te help ver­wy­der.

Se­ku­ri­teit was steeds streng om e­ni­ge on­wet­ti­ge smok­kel met di­a­man­te hok te slaan. “Ons het met van die speur­ders se kin­ders groot­ge­word,” sê Justin.

Hy ont­hou speur­ders soos ene oom Van Nie­kerk, oom Hugo en oom La­ker.

“Na­we­ke het ons saam met die speur­ders uit­ge­gaan na plek­ke in die S­per­rge­biet

waar geen an­der mens nog was nie. Dan het ons vis­ge­vang, kreef uit­ge­duik en ge­kamp.”

Ter­wyl ons ge­sels, koop skou­gan­gers y­we­rig ca­la­ma­ri-en-sky­fies. “Ek kan ure en ure oor Kol­man­skap ge­sels,” sê Justin.

“Ek ken Kol­mans­kop soos die palm van my hand. As ek nou my oë toe­maak, sien ek hier­so was ons huis ge­wees, daar was oom Van der Mer­we se huis.” Toe hy ja­re la­ter weer na Kol­mans­kop te­rug­ge­keer het, was hy ver­ras om sy ou drie­wiel­fiets in die mu­seum te sien.

Hy sal al­tyd die dag in 1957 ont­hou toe sy ge­sin – toe die heel laas­te in­wo­ners – in ’n Aus­tin-lor­rie­tjie uit Kol­mans­kop ge­trek het. “Jy kan maar sê ons het die lig­te af­ge­sit.”

Hier­van­daan is hul­le na Aus, waar sy pa la­ter met skaap be­gin boer het.

“Dis hart­seer as jy dink al die men­se is weg, maar ons ont­moet al hoe meer Kol­manskop­pers. En so ver­tel die een vir die an­der een sto­ries, dit gee ’n mens ’n lek­ker warm ge­voel.”

Hy was om­trent t­wee de­ka­des ge­le­de laas op dié spook­dor­pie, maar wil graag bin­ne­kort sy t­wee klein­kin­ders vir die eer­ste keer soon­toe neem.

Wat gaan deur sy ge­dag­tes as hy nou aan Kol­mans­kop dink? Justin bly ’n ruk­kie stil: “Ek sien die ou spook­dor­pie... ek sien my­self as kind daar rond­hard­loop. En ja, hoe sal ’n man dit nou uit­druk: net die lief­de.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.