2Visriviercanyon
Reg agter die bekende Canyon Roadhouse met sy Ford- en Chevy-wrakke is die kampeerterrein op die wal van ’n droë rivierbedding. Elke staanplek het hope skaduwee onder kameeldoringbome, ’n kragpunt en braaiplek. Die ablusiegeriewe is uit klip gebou en skoon en netjies.
Die versoeking is daar om behoorlik nes te skop op jou staanplek, maar onthou die Visriviercanyon is om die draai. Ry vroegoggend na die canyon en geniet ’n koffie by die Hobas-uitkykpunt (25 km weg) teen die eerste sonlig – dit is die beste tyd vir foto’s neem.
– Erns Grundling
Kamp: R160 p.p. (tot 20 per staanplek). Dubbelkamers R1 099 p.p. (met ontbyt). Kry afslag met ’n Gondwana-kaart ( gondwana-card.com) Waar? Langs die C37, 20 km noordoos van Hobas. GPS S27.52431 E17.81461 Kontak 00 264 61 427 200;
gondwana-collection.com