6

Weg! Namibië - - TOP 20 -

Dis pu­re Ka­la­ha­ri­plaas by Ter­ra-Rou­ge (en die kamp­plek Meerkat Ma­nor). Daar­by is die ei­e­naars, Pie­ter en Han­lie M­öl­ler, so gas­vry as wat kan kom. Dis goeie oor­nag­plek in­dien jy op pad is na die K­gala­ga­di-oor­grens­park, of Na­mi­bië uit daar­die rig­ting bin­ne­ge­ry het. Maar bly nog ’n dag of drie en kry ’n ge­voel vir wat dit is om op ’n Ka­la­ha­ri­plaas te woon. Gaan ry ’n draai saam met Pie­ter. Kyk bees­te. Word weer ’n slag mens. Jy sal gou be­sef dit is die bes­te woon­plek in die wê­reld.

– To­ast Coet­zer

Kamp: R100 p.p. Daar is 3 cha­lets: R800 p.n. vir 2 men­se. Gra­tis vir kin­ders jon­ger as 12 jaar. Hout en braai­vleis te koop. Waar? Langs die C15-grond­pad, 45 km van Ma­ta-Ma­ta. GPS S25.52553 E19.68561 Kontak 00 264 63 252 031;

ter­ra­rou­ge­farm.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.