12

Weg! Namibië - - TOP 20 -

Die Er­in­di-pri­vaat­wild­re­ser­vaat se Camp E­lep­hant-kamp­ter­rein is langs ’n wa­ter­gat uit­ge­lê. Die lod­ge is luuks en hul­le het hier­die aan­slag ook op die kamp­ter­rein toe­ge­pas. Glo my, die kamp­ge­rie­we hier is be­ter as baie gas­te­hui­se s’n!

Die kamp is om­hein om ge­vaar­li­ke die­re bui­te te hou – stap ge­rus met die kring­paad­jie net bin­ne die hei­ning en kyk wat jy sien. Dis eg­ter by die wa­ter­gat met sy net­jie­se ban­kies waar jy die mees­te van jou tyd gaan wil ver­wyl. Wag hier (ook saans, want daar’s lig­te) en kyk hoe kom drink die o­li­fan­te, se­bras, rooi­hart­bees­te, vlak­var­ke, bob­be­ja­ne – wel, al­les!

Be­hal­we vir wild­kyk in die re­ser­vaat kan jy ook uit­ry na O­ma­ru­ru vir iets an­ders, of die grond­paaie rond­om die Eron­go­berg gaan ry – als lek­ker!

– To­ast Coet­zer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.