13park,

Weg! Namibië - - TOP 20 -

Daar is ’n hand vol goeie re­des om die Wa­ter­berg­pla­to- na­si­o­na­le park te be­soek, waar­van jy die eer­ste een som­mer al by die ont­vangs­kan­toor aan­tref: ’n Op­ge­stop­te leeu­man­ne­tjie waar jy ’n sel­f­ie kan neem.

Na­mi­bia Wild­li­fe Re­sorts se kamp­ter­rein bied baie doen­din­ge. Stap na die Duit­se be­graaf­plaas reg langs­aan. Die laas­te groot veld­slag tus­sen die S­chüt­z­trup­pe en die He­re­ro’s het in Au­gus­tus 1904 hier in die Wa­ter­ber­ge plaas­ge­vind. Die ru­ï­nes van ’n Ryn­se sen­ding­sta­sie is ook te sien. Die Rast­haus-re­stau­rant – oor­spronk­lik in 1908 as ’n po­li­sie­sta­sie ge­bou – be­dien e­tes (die T-been-ste­ak is le­gen­da­ries!). Die stap­roe­tes wat teen die Wa­ter­berg­pla­to­rand uit­kron­kel, is ’n hoog­te­punt vir die uit­sig en fo­to’s van bo af. Hier’s ’n ryk vo­ël­le­we van meer as 200 soor­te – vra by ont­vangs vir ’n spe­sie­lys en wees op die uit­kyk vir die s­kaars krans­aas­vo­ëls.

– Sophia van Taak

Kos­te Kamp (40 staan­plek­ke met krag­pun­te, a­blu­sie­blok, braai­plek­ke): R147 p.p. en R110 per staan­plek. Dub­bel­ka­mer: R530 p.p. wat deel (met ont­byt). C­ha­lets van­af R650 p.p. wat deel (met ont­byt). Kin­ders jon­ger as 12 be­taal half­prys. Pry­se styg in Ju­lie. Hier is ’n vul­sta­sie, re­stau­rant en swem­bad. Wil­drit­te kos R500 p.p. Waar? 110 km van O­tji­wa­ron­go. GPS S20.51651 E17.24573 Kon­tak 021 422 3761 (be­spre­kings);

ct.book­ings@nwr.com.na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.