15Ku­ne­ne­ri­vier

Weg! Namibië - - TOP 20 -

Die lang reis deur die ge­woon­lik dor­re stuk Kaokoland noord van O­pu­wo laat jou aan­koms by die E­pu­pa-wa­ter­val na lan­ding in die Be­loof­de Land voel: Wa­ter, groe­nig­heid en... ’n lod­ge met ’n hout­dek waar jy kan sit met ’n koue Sa­van­na!

E­pu­pa Falls Lod­ge is teen­aan die ri­vier so­dat jy mak­si­mum voor­deel uit hier­die lus­hof kan put. Bly min­stens twee of drie nag­te oor om die ge­bied or­dent­lik in te neem. Jy kan hier­van­daan re­ël om ’n Him­bak­raal te be­soek. En rus – ont­hou, jy’s met va­kan­sie!

– To­ast Coet­zer

Koste Kamp kos R125 p.p. (6 men­se per s­taan­plek; daar is 7 staan­plek­ke) plus R50-R100 ek­stra per sleep­wa/woon­wa. Vir groe­pe gro­ter as 10 men­se kos kamp R110 p.p. ter­wyl kin­ders jon­ger as 12 gra­tis kamp. Die 5 cha­lets staan op stel­te so­dat jy ’n mooi uit­sig het, en kos van­af R1 150 p.p. wat deel (met e­tes – prys styg na R1 300 p.p. in spits­sei­soen). Hul­le bied afslag vir SAOG-bur­gers (op bed-en-ont­byt­ba­sis): doen na­vraag. Die lod­ge het ook ’n re­stau­rant. Groet die Him­bas (R500 p.p.) of gaan op ’n sons­on­der­gang­toer (R200 p.p., dran­kie en hap­pies in­ge­sluit). Waar? E­pu­pa is 174 km noord van O­pu­wo, op die C43. GPS S17.00242 E13.24450 Kontak 00 264 81 250 8225 (Ma­ri­ët­te); e­pu­p­a­fall­slod­ge.com; koos.cu­ne­ne@i­way.na (kamp­plek­be­spre­kings); book­ings@e­pu­p­a­fall­slod­ge.com (lod­ge­be­spre­kings)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.