16Ku­ne­ne­ri­vier

Weg! Namibië - - TOP 20 -

In ’n land met so min wa­ter is dit wys om by el­ke lie­we ri­vier te ver­toef. Die Ku­ne­ne­ri­vier vorm die grens tus­sen An­go­la en Na­mi­bië en by Ku­ne­ne Ri­ver Lod­ge kan jy vir dae lank uit­span. Dis ’n stil, af­ge­son­der­de plek.

Die mees­te van die 12 kamp­plek­ke is on­der har­de­kool- en jak­kals­bes­sie­bo­me en kyk di­rek uit op die ri­vier, en het braai­plek, krag en ge­deel­de a­blu­sie. Daar is ook net­jie­se lod­ge­ka­mers en A-raam­hui­sies waar jy kan oor­nag. Die lod­ge het ’n re­stau­rant en swem­bad.

Be­soek die na­by­ge­leë Dors­land­mo­nu­ment by Swart­boois­drift of ry na die Ru­a­ca­na-wa­ter­val. Vo­ël­ky­kers sal be­hoor­lik ver­ky­ker swaai hier, met by­na 300 moont­li­ke spe­sies om te sien. Som­mi­ge is baie raar, soos die An­go­lasy­sie wat nét hier in ons sub­streek voor­kom.

– To­ast Coet­zer

Koste Kamp kos R150 p.p. Lod­ge­ka­mers met lug­ver­sor­ging van­af R895 p.p. wat deel (met ont­byt). Die prys ver­laag na R806 p.p. wan­neer jy vir 2 of meer aan­de be­spreek. A-raam­hut­te (met dak­waai­ers): R695 p.p. wat deel (met ont­byt), maar kom af na R626 p.p. wan­neer jy meer as 2 aan­de oor­nag. Hier­die pry­se styg ná Ju­nie 2016. Kin­ders jon­ger as 12 kry afslag. Jy kan by die lod­ge gaan eet, met Him­bas kui­er (R280 p.p.), op ri­vier­vaar­te (R310 p.p.) gaan en selfs ’n vis­stok huur (R105 p.d.) om te kyk of jy ’n tier­vis kan in­ka­trol. Spe­si­a­le vo­ëluit­stap­pie: R300 p.p. Waar? 50 km wes van Ru­a­ca­na. GPS S17.35439 E13.88129 Kontak 00 264 61 224 712 (be­spre­kings); 00 264 65 685 016 (lod­ge, Hil­la­ry); ku­ne­ne­ri­ver­lod­ge.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.