19

Weg! Namibië - - TOP 20 -

Camp C­ho­be se kamp­plek is stil, klein en pri­vaat. Hier is ses staan­plek­ke (met elk ’n eie a­blu­sie, geen krag) in die ska­du van groot a­na­bo­me. Jy kyk uit oor die C­ho­be­ri­vier, reg bin­ne-in die be­ken­de C­ho­be- na­si­o­na­le park in (Botswa­na se kant toe).

Camp C­ho­be het ’n lek­ker kroeg, re­stau­rant en swem­bad wat kam­peer­ders kan be­soek. Hier is ook ver­skeie doen­din­ge waar­voor jy kan be­spreek: boo­ten ka­no­vaar­te op die ri­vier, ’n staps­a­fa­ri of wil­drit.

Teen laat­mid­dag sal jy o­li­fan­te tus­sen die kre­me­tar­te sien aan­stryk wa­ter toe, en jy het ’n goeie kans om saans ’n leeu te hoor brul. Die o­li­fan­te kom stap graag in die nag deur Camp C­ho­be – bly eer­der in jou tent ná ure. Maar jy sal ver moet gaan soek vir ’n soort­ge­ly­ke wil­der­ni­s­er­va­ring (met groot­wild) in Na­mi­bië.

– Erns Grund­ling

Kamp: R130 p.p.p.n. Luuk­se ten­t­cha­let: R700 p.p.p.n. SAOG-bur­gers kry afslag, doen na­vraag. Waar? 4 km wes van die N­go­ma-grens­pos. GPS S17.89806 E24.72809 Kontak 00 264 81 800 0762;

cam­p­cho­be.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.