20 20Lod­ge,

Weg! Namibië - - TOP 20 -

Capri­vi Hou­se­bo­at Sa­fa­ri Lod­ge se kamp­plek­ke is nie óp die wa­ter nie (die cha­lets staan daar), maar jy het toe­gang tot die wa­ter­kant by die kroe­gie, ge­bou op ’n hout­dek waar­van die be­ne in die ri­vier staan.

Ons hou van hier­die plek om­dat Curt-In­go Sa­gell, Sil­ke Kau­ert en en Ra­chel­le Lam­brechts ons al­tyd so vrien­de­lik ont­vang. Hier’s ook rus­ti­ge hon­de wat soms by jou kamp­plek kom lê – die plek voel gou soos ’n t­wee­de huis! Die a­blu­sie­blok is net­jies, en het op­was­plek aan een kant plus ’n twee­plaat­sto­fie (jy kan ook by hul­le re­stau­rant eet).

Be­hal­we vir tier­vis­vang in die ri­vier is vo­ël­skyk ’n groot sport. Die lang­kuif­loe­rie broei som­mer in die tuin. Vra vir Curt om die vo­ëls se weg­kruip­plek­ke aan jou te wys: Jy sien dalk bosui­le. Die groot­me­neer is eg­ter die visuil en hoe­wel jy dit saam met Curt per boot langs die ri­vier­oe­wer af kan gaan soek het ons dit een aand rég voor die kroeg ge­sien! (En dit was vroeg, die bot­tel A­ma­ru­la was skaars oop...)

– To­ast Coet­zer

Koste Kamp (3 staan­plek­ke, met krag) kos R100 p.p. en R50 per kind jon­ger as 12. Cha­lets van­af R500 p.p. wat deel (self­sorg), of R600 p.p. met ont­byt, en R800 p.p. met ont­byt en aand­e­te. Kin­ders jon­ger as 12 kry afslag. Son­s­on­der­gang­vaar­te kos R300 p.p. in­dien jul­le net 2 men­se is, maar raak goed­ko­per hoe gro­ter jou groep (10 of meer men­se be­taal R150 elk). Vis­vang­uit­stap­pies (half­dag of vol­dag) of ver­skeie boot­uit­stap­pies (1 tot 3 nag­te) op die Zam­be­si en C­ho­be vir tot 6 men­se. Prys op aan­vraag. Waar? 6 km oos van Ka­ti­ma Mu­li­lo. GPS S17.49515 E24.32406 Kontak 00 246 66 252 287;

ca­pri­vi­hou­se­bo­ats­a­fa­ris.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.