SÓ SPAAR JY GELD

Weg! Namibië - - LESER VERTEL -

Kies jou tyd reg. Be­plan jou va­kan­sie vir die so­mer of vroeg­win­ter. Pry­se in E­tosha van No­vem­ber tot Ju­nie is tot 70% la­er as Ju­lie tot Ok­to­ber.

Kry jou af­slag­kaar­te. Na­mi­bia Wild­li­fe Re­sorts se NamLei­su­re-kaart se voor­af­kos­te is hoog (rond­om R700 p.p.; www.nwr. com.na), maar die 25% afslag in E­tosha en an­der na­si­o­na­le par­ke is noe­mens­waar­dig. Die kaart raak die moei­te werd so­dra jy meer as drie nag­te in hul­le par­ke bly. Jy kan die kaar­te koop selfs na­dat jy ’n be­spre­king ge­fi­na­li­seer het. Hul­le neem dit dan in ag vir jou fi­na­le be­ta­ling. Ons het uit­ge­werk dat die groep so­wat R1400 ge­spaar het met die kaart. Dit sal ui­ter­aard meer wees as jy lan­ger bly.

’n Gond­wa­na-kaart ( gond­wa­na-col­lec ti­on.com) gee vir Suid-A­fri­kaan­se bur­gers tot 40% afslag op ver­blyf, en 25% op e­tes. Maak se­ker jy ver­staan die re­gu­la­sies rond­om dié kaar­te mooi.

Ry lig, en slim. Die pe­trol­kos­te styg gou. Sit dalk ’n stoor­kis op die dak, pak lig en pas meer men­se per voer­tuig in.

Soek huur­hui­se. As jy in ’n gro­te­ri­ge groep reis, pro­beer om in die kus­dor­pies ’n huis eer­der as ’n ho­tel of gas­te­huis te be­spreek.

Sorg vir jou­self. Kies self­sorg­op­sies waar jy kan. Ont­hou net dat win­kels yl ge­saai is op die plat­te­land – doen jou groot aan­ko­pe in Wind­hoek of S­wa­kop­mund. Jy kan wel by­na o­ral lek­ker vleis koop.

Hap in die ry. Pak wa­ter en nie-be­derf­ba­re ver­sna­pe­rin­ge soos bil­tong, neu­te en dro­ë­vrug­te vir die pad. Dis goed­ko­per as om iets by el­ke vul­sta­sie te koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.