LE­WEN­DE MU­SEUMS

Weg! Namibië - - 4X4 -

Ver­skil­len­de kul­tu­re. Daar is vyf Le­wen­de Mu­seums in Na­mi­bië: Ju/’Ho­an­si (by Gras­hoek), Litt­le Hun­ter’s (noord van T­sum­kwe), Maf­we (noord van Kon­go­la langs die K­wan­do­ri­vier), Da­ma­ra (by die Aba-Hu­a­b­ri­vier na­by T­wy­fel­fon­tein) en M­bun­za (net wes van Run­du). Die i­dee. By ’n Le­wen­de Mu­seum gaan dit oor die be­wa­ring en oor­drag van tra­di­sies. Hoe­wel by­voor­beeld dan­se en lied­jies “op­ge­voer” word vir toe­ris­te, help dit ter­self­der­tyd ook dat hier­die as­pek­te van dik­wels min­der­heids­groe­pe (en -ta­le) se kul­tuur nie ver­lo­re gaan nie. Waar­heen gaan die geld? Die ta­rief wat jy be­taal om ’n ak­ti­wi­teit mee te maak gaan di­rek na die ge­meen­skap. Dit help om ar­moe­de te ver­lig. Hoe­veel kos dit? By Gras­hoek kos dit R120 p.p. om die sang- en dans­roe­ti­ne by te woon. Die mees­te ak­ti­wi­tei­te wis­sel van R150 p.p. tot R260 p.p. Jy kan selfs be­spreek dat ie­mand saans ’n sto­rie by jou kamp­vuur kom ver­tel! Is dit die geld werd? Na­tuur­lik, gaan jy ooit weer men­se ont­moet wat vuur kan maak deur stok­kies te vryf? Gaan ont­moet hul­le – dit is ’n ver­ry­ken­de er­va­ring wat die he­le ge­sin sal ge­niet. Kontak l­cfn.in­fo

con­[email protected]­cfn.in­fo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.