NA­MIB-NAU­KLUFT­NA­SI­O­NA­LE PARK

Weg! Namibië - - AKKOMMODASIE -

Ver­skeie kamp­plek­ke

Hier­die kamp­plek­ke val al­mal bin­ne dié park se noor­de­li­ke ge­bied – m.a.w. die de­le waar­deur jy ry wan­neer jy met die C14, C28 of D1982 van die bin­ne­land na S­wa­kop en Wal­vis ry. Baie men­se haas hul­le­self oor hier­die skyn­baar leë woes­tyn­vlak­tes, maar as jy eers af­draai en be­gin aan­dag gee, gaan jy wild sien. Hoe­wel som­mi­ge van hul­le met ’n 4x2 be­reik kan word, is dit raad­saam om eer­der ’n 4x4 te ry. Dié kam­pe het min ge­rie­we – ge­woon­lik net put­toi­let­te. Bring jou eie drink- en was­wa­ter (ry ook som­mer jou vul­lis weg). Kamp kos R80 per nag vir tot 4 men­se, daar­na R90 per groep van 5 of meer. Jy moet ook park­toe­gang be­taal – R30 p.p. en R10 per kar. Die ter­rei­ne is meest­al on­be­man; kry per­mit­te by die MET-kan­toor (mi­nis­te­rie van om­ge­wing en toe­ris­me) in S­wa­kop­mund. Hu­sab­berg: GPS S22.64515 E14.99598 Bloed­kop­pie: GPS S22.84721 E15.37940 Groot Tin­kas: GPS S22.85407 E15.47502 Vo­gel­fe­der­berg: GPS S23.05381 E14.98920 Ga­nab: GPS S23.09685 E15.51271 Ho­meb: GPS S23.63744 E15.18209 Mi­ra­bib: GPS S23.45265 E15.36020 K­riess se Rus: GPS S23.30433 E15.49396 Aru­vlei: GPS S23.33918 E15.67557

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.