KHOMAS HOCHLAND

Weg! Namibië - - AKKOMMODASIE -

Har­mo­nie

Dis 90 km wes van Wind­hoek met die C28. Dis ín die berg, maar jy kan die kamp­ter­rein son­der ’n 4x4 be­reik. Hier is slegs 2 kamp­plek­ke (met krag): R70 p.p.; kin­ders jon­ger as 12 kamp ver­niet.

Hier’s ’n 4x4-roe­te: R150 per voer­tuig. Stap, kyk rots­te­ke­nin­ge of vo­ëls en wild. GPS S22.77959 E16.32910 (af­draai). Kontak 00 264 61 681 065 (Mi­ke); 00 264 81 127 2709; 00 264 81 129 0963; har­mo­nie@i­way.na

Mel­ro­se Ga­me Farm

Mel­ro­se is langs die C26, 45 km van Wind­hoek af. Jy kan ’n ka­mer in die op­stal huur of by die Mis­si­on-lod­ge in weel­de bly. Ka­mers kos van­af R900 per nag vir twee men­se, en sluit ont­byt in. Kamp: 13 staan­plek­ke met krag teen R120 p.p. GPS S22.88284 E16.89821 Kontak 00 264 61 234 298;

mel­ro­se­ga­me­farm.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.