MID­DAG

Weg! Namibië - - AKKOMMODASIE -

Tyd vir mid­dag­e­te by Cor­ner of 62nd (Bis­marck­straat 62). Chef Pe­ter’s Choi­ce (bees­fi­let, toe­ge­draai in spek, met gar­na­le in knof­fel­bot­ter, R145) is ’n wen­ner, en as jy vegetaries is, kan jy die T­hai­se boon­tjie­dis (R75) op die proef stel. Vir die soet­tan­de: pro­beer die S­weet A­fri­can D­re­am (A­ma­ru­la-trio, R55).

00 264 61 246 288; Oop: Ma.-Sa.: 12 nm.-2 nm. en 6 nm.-10 nm.

Soek vars lug tus­sen die heu­wels van die Khomas Hochland by Daan Vil­joen-wild­re­ser­vaat (18 km wes van Wind­hoek langs die C28). Die 6,5 km-wild­kyk­roe­te kan met ’n voer­tuig met goeie grond­vry­hoog­te ge­ry word (’n bak­kie is die bes­te). Wees op die uit­kyk vir blou­wil­de­bees, s­pring­bok, Hart­mann­se berg­se­bra, ka­meel­perd en e­land.

Lus vir be­ne rek? Die mak­li­ke Wag ’n Bie­tjie-roe­te (3 km) lei na die S­ten­gel­dam. 00 264 61 232 393; Oop: Daag­liks 7.30 vm.-6 nm. Dag­be­soe­kers: R40 p.p. en R10 per voer­tuig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.