AAND

Weg! Namibië - - PERFEKTE DAG -

6.30 nm.

Die son sak oor die ri­vier ter­wyl ons stil raak op die boot. Rond­om ons vlieg wa­ter­vo­ëls soos slang­hals­vo­ëls en riet­dui­kers on­ver­poosd huis­waarts.

’n Bont­vis­van­ger sit vir ou­laas skuinskop en af­kyk na die wa­ter van sy stok­kie. Doer oor­kant sien ek die wit bors van ’n vi­s­a­rend son vang in een van die groot bo­me (rof­weg waar 32 Ba­tal­jon se ba­sis ver­skuil lê).

7.30 nm.

Sal ons self kos­maak of by Camp N­ge­pi se re­stau­rant gaan in­klok? Ek hoor hul­le het melk­tert as na­ge­reg van­aand... Die bes­te ding van slaap­tyd by N­ge­pi is dat jy weet: mô­re­og­gend raak jy wéér langs die ri­vier wak­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.